Laeveld Agrochem GROEI Winter 2019

BOODSKAP VAN Hennie du Plessis GROETE VAN Corné Liebenberg Corné is Direkteur en Bemarkingsbestuurder by Laeveld Agrochem (LAC), waar hy streef om LAC die markleier met unieke innovasies, produkte en nuwe tegnologie te hou tot voordeel van die kliënt . Hennie is een van Laeveld Agrochem se Besigheidsontwikkelings- bestuurders. Hy is ’n kenner op die gebied van plantvoeding met uitgebreide kundigheid in aartappels, sitrus en groente gewasse. 2 GROEI Die dag toe ek gevra is of ek belangstel om by Laeveld Agrochem (LAC) se Plantvoedingspan aan te sluit, het ek nie twee keer gedink nie. Ek is al vir ongeveer 16 jaar by Laeveld Agrochem en meer spesifiek met die LAC-agente betrokke. Wat ’n voorreg is dit nie om vir so ’n groeiende en innoverende maatskappy te kan werk nie. Voedselsekerheid en globale verwarming is die afgelope paar jaar ’n groot besprekingspunt in die landboubedryf. Ek het onlangs verskeie uittreksels oor die Voedsel- en Landbou- organisasie (FAO) van die Verenigde Nasies se internasionale simposium, wat in 2017 in Quebec gehou is, gelees. Hier word genoem dat die wêreldbevolking ’n bietjie meer as sewe biljoen mense is, en dat ongeveer 800 miljoen mense daagliks honger ly. Ongeveer twee biljoen mense ly aan mikro-elementtekorte direk as gevolg van wanvoeding. Hierdie mikro-elemente sluit hoofsaaklik yster en sink in, asook vitamiene A. Hoewel gewasproduksie wêreldwyd die afge- lope 20 jaar toegeneem het, word beweer dat dit met ongeveer 17% gaan afneem – hoofsaak- lik as gevolg van globale verwarming en alles wat daarmee gepaardgaan. Volgens beramings van die FAO moet gewasproduksie teen die jaar 2050 met 50% toeneem om ’n voldoende hoeveelheid voedsel vir ’n groeiende bevol- king te produseer. Hiermee saam moet die voedingswaarde (voedingstofinhoud) van die eindproduk hoog genoeg wees om onder- voeding suksesvol te bekamp. Hierdie syfers laat ’n mens eintlik sidder. Verder het navorsing wat oor amper 50 jaar gestrek het, gewys dat die voedingstofinhoud van veral groentegewasse met 20% tot 30% afgeneem het. Met ander woorde, soos die opbrengs toeneem, neem die voedingswaarde daarvan af. Dit dra natuurlik by tot die mikro- elementtekorte en ondervoeding wat wêreld- wyd onder mense voorkom. Die New York Times het in September 2015 ’n berig getiteld “A decline in the nutritional value of crops” geplaas. Dit het sekere navorsings- instansies genoop om nuwe gewasvariëteite vir ’n hoër mikro-elementinhoud te begin teel. Miskien moet die prys van vars produkte, asook ander gewasse, eerder volgens die voedingswaarde- inhoud as die visuele gehalte bepaal word. Al hierdie verwikkelinge het my dadelik laat dink dat LAC saam met sy plantvoedingsvennote ’n positiewe bydrae aan die voedingswaardekant van gewasse kan lewer. Met LAC en Agri Technovation se Decision Farming-dienste, optimaliseer ons plantvoeding volgens grond- en blaarontledings. Indien ons ’n stappie verder gaan en die voe- dingswaarde van sekere gewasse net voor dit bemark word kan kwantifiseer, en kan wys dat LAC se plantvoedingsprogramme die voedings- waarde- of voedingstofinhoud van die eindpro- duk verhoog, kan ons ’n positiewe bydrae tot hierdie globale ondervoedingsprobleem lewer. Die elemente sink en yster is oor die algemeen die grootste tekorte. Deur die norme van hier- die elemente opwaarts aan te pas, kan ons die voedingswaarde van gewasse beter bestuur en sodoende bydra om wanvoeding te bekamp. Miskien moet ons dit as ’n diens by die Decision Farming-dienste insluit, as iTest Nutrition sodat die produsent en eindverbruiker kan sien wat die voedingstofinhoud net voor oes was. Dit is dalk ’n mondvol en ’n bietjie vergesog, maar soos ’n ou vriend van my altyd sê: “Daar kan maar baie dinge gebeur, solank ons planne net nie opraak nie.” Só is dit ook by Laeveld Agrochem, want ons planne raak nooit op nie. Groetnis Liewe vriende – kyk OP Met die verkiesing agter die rug kan almal nou weer vorentoe kyk, en fokus op dit wat saak maak, nl. doen dit wat jy goed mee is nog beter. Maak jouself onmisbaar, maak nie saak waarmee jy besig is nie. Ons bly steeds in die mooiste land met die meeste diversiteit. Ons kan kla oor alles wat skeefloop, of ons kan alles wat skeefloop as reuse geleenthede sien. Minstens is hier nog stukkende dinge om reg te maak, verhoudings om te herstel, mense om voor werk te skep, en ʼn land om te voed en te kan opbou. Die grootste klagte in lande waar alles altyd reg loop is dat mense voel nie meer gewaardeerd nie, en met reg so, want watter verskil kan jy dan nog maak? Ek glo nie ons sal gou daardie “probleem” hê nie en modes en giere kom en gaan, maar kos vir ʼn honger maag sal altyd bly staan, ons werk dus almal in die regte bedryf, van hier af is dit dus net opbou en vorentoe gaan. Meeste van die ongelukkigheid in ons land se oorsprong is dinge wat in die verlede gebeur het. As jy altyd oor jou skouer loer gaan jy verseker êrens oor iets struikel. Ek weet as mens die koerant lees en nuus kyk sal Sodom en Gomorra seker in jou gedagtes opkom, met die verhaal van Lot se vrou wat in ʼn soutpilaar verander het toe sy omgekyk het. Net so kan mens leer uit die verlede, maar as jy daar vashaak en aanhou terugkyk, mis jy wat nog voor jou lê. Met dit in gedagte is dit dus lekker om nog ʼn uitgawe van Groei af te skop waar ons net vorentoe kyk, en julle met idees en voorstelle bedien van hoe ons SAAM in die toekoms dinge nog slimmer en meer suksesvol kan doen. Die hele wêreld kyk deesdae na Afrika, met SA as die leier, om voedseltekorte aan te spreek. Tussen julle en ons is daar voorwaar genoeg kundiges om die uitdaging te aanvaar. Dit is lekker om te hoor hoe van ons kliënte rekords breek met oesopbrengste en uitpak persentasies. Verder hoor ons ook so ver soos die VSA dat iets soos MyFarmWeb TM van ons vennoot Agri Technovation nie eers daar ’n gelyke het nie. Die Engelse sê Talk is Cheap, maar ons glo die telbord kan nie jok nie. Dankie vir elkeen se ondersteuning wat ons in staat stel om so impak op landbou en ons land se ekonomie te maak. Soos reeds genoem, as jy bekommerd is oor die woelinge in die land en politiek, werk nog harder en slimmer, en maak jouself so onmisbaar dat niemand in jou streek ʼn toekoms sonder jou sal kan in dink nie. Luk 9:62: “Geen mens wat sy hand aan ’n ploeg geslaan het en na die dinge kyk wat agter is , is geskik vir die koninkryk van God nie”. As jy saam met my glo dat God nie foute maak nie, dan sal jy saamstem dat daar ʼn rede is waarom ons spesifiek in SA en spesifiek in hierdie tye geplaas is. Ons is eintlik ontsettend bevoorreg om te help skryf aan ons land se geskiedenis. “Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is . Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus” – Fil. 3:13. Ons is dus hier met ʼn rede en ʼn doel. Kom ons leef ons doel voluit en bekommer ons nie oor dit wat ons in elk geval nie kan verander nie. Lekker lees LAEVELD AGROCHEM 3

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=