Laeveld Agrochem GROEI Winter 2019

53 Sportblad Kan jy die probleem identifiseer? Sportblad Pryse te wen! Daar is verkillende pryse om te wen, van boeke, geskenkpakkies, Afrikaans is Groot DVD’s en vertoning kaartjies. Stuur jou antwoord(e) voor 31 Aug 2019. Stuur ’n WhatsApp na 082 820 1978 of ’n e-pos na jnel@laeveld.co.za met: 1. Jou naam, area en e-posadres. 2. Die antwoord op enige van die foto’s hierbo. 1 2 3 4 Met die lees hiervan sal die finale uitslag van die SupeReeks al uitgeklaar wees. Dit bly egter interessant om terug te kyk na wat ons aan- betref het. Net twee van ons spanne (Bulle en Haaie) kon die kwarteindrondte haal. Met ʼn bietjie geluk kon net sowel die Stormers en Leeus die kwarteindrondte gehaal het. Van Nieu-Seeland het vier spanne gekwalifiseer. Ons is tog nie fisies en intellektueel swakker as hulle nie en beskik oor dieselfde vaardighede. Ons spanne was baie wisselvallig. Een wedstryd word ver gewen en die volgende maklik verloor. Waaraan kan ons die wisselvalligheid toeskryf? Is dit dalk afrigting (twis onder afrigtingspan of bestuur), kondisionering, basiese vaardighede, spelpatrone (stampkar rugby en doellose skoppe), spankeuses, uittog van spelers met beter vooruitsigte oorsee (finansieel), selfvertroue of wat ook al. Op die punteleer is ons spanne baie ge- middeld en onder gemiddeld en tel onder die swakker spanne. Miskien moet daar dringend gekyk word en oplossings gesoek word deur samewerking van die afrigters van al die spanne. Die top spanne het ook ’n keer of twee in die reeks verloor en dit is dus nie onmoontlik dat die Bulle of Haaie dalk die semifinale of selfs die finaal kan haal, natuurlik met die regte spring van die bal. Dit lyk of Rassie Erasmus met die keuse en voorbereiding van spelers vir die wêreld- beker-toernooi in Japan oor twee maande, ’n groter uitdaging het as Cyril Ramaphosa met ons landsake. Regs: Bertie van Zyl van ZZ2 voltooi nog ‘n suksesvolle Epic fietstoer. 700 km oor 7 dae op ‘n bergfiets, is ‘n tawwe resies. Baie geluk! Onder regs: Rudi Allers van Laeveld Agrochem, wen die “putt”-kompetisie! Laeveld Agrochem was een van die borge by die Catherine Elizabeth kankerfonds se gholfdag op 22 Mei 2019. Baie geluk aan die wenners! Die Catherine Elizabeth kankerfonds is ‘n spesiaal geskep ter ondersteuning van pasiënte wat nie kankerbehandeling kan bekostig nie. Die fondse sal na goed denke van Dr. Coccia-Portugal (top Onkoloog) en die trustees gebruik word. Watter siekte is hierdie op ‘Nadorcott’? Wat veroorsaak hierdie simptome op nuwe groei by laat Mandaryne? Wat veroorsaak hierdie letsels en vertraagde groei by kopkool? Watter voordelige insek voed op hierdie plantluis en watter spesie onkruid is hier ter sprake? Foto’s: Ernst de Beer SupeRugby Die 2019 Rugby wêreldbeker-toernooi begin Vrydag 20 September in Japan. 52 KOMPETISIE

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=