WINTER BONUS MAGAZINE 2026

Johan Potgieter Johan Potgieter is in Pretoria gebore en het skoolgegaan aan die Afrikaanse Hoër Seunskool, en het by Tukkies studeer. Hy het op skool en universiteit aan verskeie sportsoorte deelgeneem en was reeds op 16-jarige ou- derdom deel van Tukkies se eerste krieketspan. Johan is getroud met sy skoolliefde, Lize, en hulle het drie seuns. Sy grootouers aan beide kante het plase in die Noord- wes-provinsie gehad, dit is hier waar sy liefde vir die natuur en die landboubedryf begin ontwikkel het. Hy het ’n Landbougraad in Diereproduksie voltooi en daarna ’n BSc-Honneurs en MSc in Natuurlewebestuur en Ekologie verwerf. Johan het in Cornelia in die Oos-Vrystaat met graan en vee geboer en later na Addo verhuis, waar hy as Senior Agronoom by SRCC waardevolle ervaring in sitrus en landbouchemie opgedoen het. Daarna het hy by Villa Crop Protection aangesluit, waar hy van streeksbestuurder tot portfoliobestuurder bevorder is. Ná nege seisoene het hy as verkoopsbestuurder by Corteva aangesluit en waardevolle internasionale bloot- stelling gekry, veral in die ontwikkeling van landbou- chemiese produkte. Johan was ook Kommersiële Bestuurder vir die Noorde- like Streek van Wenkem SA, waar hy saam met gewas- adviseurs en bestuur gewerk het. Hy het deur die jare aktief aan georganiseerde landbou deelgeneem en Cornelia se Boerevereniging verskeie kere verteenwoordig. Hy het addisionele kwalifikasies in onder meer Besig- heidsbestuur voltooi, is as beroepsjagter gekwalifiseer en het ook sy CropLife-sertifikaat verwerf. Johan beskik oor uitgebreide kennis van verskeie gewasse en het sterk netwerke in die landboubedryf opgebou. Hy geniet die buitelewe saam met sy gesin, insluitend stap, 4x4-roetes, kamp, jag en visvang. Johan is ook betrokke by die Magaliestak van die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika. Met sy agtergrond in ekologie en bosbestuur het die pos as Kommersiële Bestuurder by Terravusa hom sterk aangetrek. Hy wil ’n verantwoordelike rent- meester wees en produsente help om hul natuurlike omgewing volhoubaar te bestuur. “Ek hoop om ’n sinvolle bydrae te lewer op die pad waar bekwame manne voor my reeds die weg gebaan het. Bosverdigting ontneem die land van kosbare weiding en hou ’n groot brandgevaar vir sensitiewe dele van Suider- Afrika se ekologie in.” “My leuse is: Leef elke dag voluit. Môre is vir niemand gewaarborg nie. Wees lief vir jou Skepper, jou mense en jou erfenis.” Kommersiële Bestuurder: Suider-Afrika T: 082 495 1175 E: johan@terravusa.com Kontakbesonderhede > Gebruik altyd volgens die aanwysings op die produketiket. Sendero ® 336 SL bevat aminopiralied en klopiralied. Reg. nr. L10569, Wet nr. 36 van 1947. Registrasiehouer: Corteva Agriscience RSA (Edms.) Bpk. Reg. nr. 1991/003030/07. Lakefield Office Park, Weslaan 272, Centurion, 0157, Suid-Afrika. www.terravusa.com Sendero ® beheer teikenspesies soos Sekelbos doeltreffend, sonder om gevestigde of ontkiemende grasse, of ander voordelige bome en struike te benadeel. PRODUKEIENSKAPPE • Doeltreffend vir lugbespuiting oor groot areas of kolbehandeling met ’n rugsakspuit. • Veilig vir mens en dier, en vee en wild hoef nie verskuif te word nie. • Kan in kombinasie met ander produkte ook ʼn wyer spektrum van spesies soos Soetdoring, Prosopis en Swarthaak beheer. Nuwe weidinggras keer terug na die Sendero ® -toediening. Wen teen bosindringing met Sendero ® 336 SL Video met voor en na bespuiting > Die Terravusa-span spesialiseer in die bestuur van verdigte bome en struike in natuurlike weiding. Meer weiding. Meer produktiwiteit per hektaar.

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=