Bonus Tydskrif Winter 2023

Om ‘n suksesvolle plantseisoen te verseker, is dit van kardinale belang dat produsente hul grond reg voorberei. Met die regte toerusting en tegnologie tot hul beskikking, is hierdie taak net soveel makliker. Case IH se Early-Riser-planterreeks, tesame met Case IH se reeks grondbewerkingstoerusting, is by uitstek ontwerp om plantdoeltreffendheid te optimaliseer en gewasopbrengspotensiaal te maksimeer. AFS Soil Command-tegnologie, wat met Case IH se grondbewerkingsimplemente gepaard gaan, maak gebruik van gevorderde sensors en bestuursalgoritmes om intydse grondinligting te versamel en analiseer. Deur akkurate en doeltreffende grondbestuur te bevorder, bied Soil Command-tegnologie ‘n nuttige hulpmiddel vir landbouers om suksesvolle plantseisoene te verseker. Die Early Riser 2000-reeks planters is toegerus met gevorderde tegnologie, soos die AFS Connect-stelsel wat produsente help om meer presies en akkuraat te plant. Hierdie planters maak gebruik van gevorderde saadmeterstelsels, verstelbare ry-eenhede en akkurate saadplasingsmeganismes om te verseker dat elke saadjie op die regte diepte en spasie geplant word. Hierdie presiese planting lei tot gelykmatige ontkieming en optimale plantestand, wat kritiese faktore vir optimale opbrengspotensiaal is. Case IH se allesomvattende reeks vertikale bewerkingsgereedskap met hul opsies vir variërende dieptebeheer, is die doeltreffendste manier om meer hektare te bewerk, oesreste te bestuur en ‘n gladde en gelyke saadbed te skep. Deur die saadbed behoorlik voor te berei, skep die produsent ‘n ideale omgewing vir vinnige saadontkieming en wortelontwikkeling. Dié maatskappy se wêreldbekende toerusting bied talle voordele en opsies as dit kom by voorbereiding vir die plantseisoen. Knap voorbereiding verseker ‘n voorspoedige plantseisoen Saadbedvoorbereiding Presisie-tegnologie Goed begin is half gewin Winter 2023 BONUS www.agribonus.co.za 22

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=