Bonus Tydskrif Winter 2023
Die kombinasie van Case IH se Early Riser-planters, Case IH Tigermate 255 saadbedvoorbereiding, 475 hoë-spoed dis en 335 True-Tandem vertikale grondbewerkingsimplemente maak hoë-spoed planting moontlik. Die planters is ontwerp om stabiliteit en akkuraatheid, selfs teen ‘n hoër plantspoed, te handhaaf. Dit stel jou in staat om meer hektare in ‘n korter tydperk te verwerk. Dit help om die plantvenster te optimaliseer, wat noodsaaklik is vir die bereiking van maksimum opbrengsdoelwitte. Case IH-planters is toegerus met geïntegreerde presisieboerdery-tegnologie, soos die AFS Connect-stelsel, wat die produsent in staat stel om data te versamel en analiseer. Produsente kan dus datagebaseerde besluite neem om praktyke te verbeter en opbrengspotensiaal te optimaliseer. Die kombinasie van Case IH se Early-Riser- planters en grondbewerkingsimplemente bied die nodige tegnologie en vermoë om ‘n hoë gehalte saadbed voor te berei, presiese en doeltreffende planting uit te voer, en die beste gewasopbrengspotensiaal te behaal. Case IH is ‘n wêreldleier in landboutoerusting en tegnologie; betroubaarheid en gehalte is die uitstaande kenmerke van sy volledige reeks produkte wat aan die plaaslike mark verskaf word. Vir meer inligting hieroor, kontak jou naaste Case IH-handelaar of besoek die webwerf by www.caseih.co.za . Hoë-spoed planting Datahantering Case IH is ‘n handelsmerk van CNH Industrial N.V., ‘n wêreldleier in kapitaalgoedere wat op die New York-effektebeurs (NYSE: CNHI) en die Mercato Telematico Azionario van die Borsa Italiana (MI: CNHI) genoteer is. Meer inligting oor CNH Industrial is aanlyn beskikbaar by www.cnhindustrial.com . www.agribonus.co.za Herfs/Autumn 2023 BONUS 23
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=