Bonus Tydskrif Winter 2023

“ Verbeterde gehalte en duursaamheid Die TH7.32-teleskopiese hanteerder beskik oor ‘n dubbele U-vormige robotgesweisde balk wat buitengewoon sterk en duursaam is. Die H-vormige onderstel het massiewe torsiesterkte en is ontwerp om in die veeleisendste toepassings te werk. New Holland gebruik die nuutste vervaardigingstegnieke in die produksielyn vir TH-modelle. Robotsweiswerk is ‘n belangrike vervaardigingsproses en verseker konsekwente gehalte tydens die onderstel- en balkkonstruksie Hidrouliese dempers verseker gladde terugtrekking en verlenging. Die dempers beskerm ook die balk en operateur teen gereelde stampe en skudding. Die TH7.32 is ontwerp met 40/60-gewigsverspreiding, wat die behoefte aan aangehegte teengewigte uitskakel, wat verseker dat maksimum stabiliteit en trekkrag bereik word wanneer dit gelaai word. Uitstekende hysontwerp Met die TH7.32 kyk die balksilinder naby die skarnierpunt agtertoe en albei silinders strek in teenoorgestelde rigtings wanneer die balk opgelig word. Hierdie ‘teenoorgestelde aksie’- ontwerp verbeter die beheer van die balk en die algehele stabiliteit aansienlik. Die laer swaartekragpunt en langer 3m ‘hoek tot hoek’-asafstandkonsep, tesame met die agtergemonteerde balk, dien as ‘n ingeboude teenbalans wat hierdie teleskopiese hanteerder moeilik maak om te klop. Dit kan voorwerpe so hoog as 7m lig en het ‘n kapasiteit van 3,2t. Uitstaande enjinkrag en hidroulika Die TH 7.32 se turboaangejaagde 4,5 liter viersilinderenjin voldoen aan Vlak 3-emissies, met uitstekende kraglewering van 98kW en 549Nm wringkrag teen 1 500r/min, wat dit moontlik maak om enige taak gemaklik te hanteer. Kragtige hidroulika verseker dat ‘n hoë- verrigting veranderlike verplasing suierpomp ‘n maksimum van 140 liter/min lewer, wat veelsydigheid in alle toestande bied met twee opsionele voorste hidrouliese hulpafsetpunte en bykomende agterste hulplyne. “Die New Holland TH 7.32-teleskopiese hanteerder is ‘n uitstekende keuse vir ophys en materiaalhantering op die plaas danksy groter hysvermoë, beter reikwydte, vinniger siklustyd en uitnemende beweeglikheid en stabiliteit wanneer daar met vragte gewerk word. Met al die krag en wringkrag wat ‘n boer nodig het om die moeilikste take op alle terreine te verrig, tesame met uitsonderlike brandstofdoeltreffendheid, sal hierdie nuwe model die werk vinnig en doeltreffend gedoen kry,” het Du Preez bygevoeg. Vir meer inligting kontak Jaco du Preez by epos jacobus.du-preez@cnhind.com . www.agribonus.co.za Winter 2023 BONUS 31

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=