Bonus Tydskrif Winter 2023

Dit is nie ’n voertuig wat bloot battery-elektriese krag in die plek van ’n konvensionele enjin gebruik nie; dit gaan baie verder om die opwindende potensiaal van nuwe tegnologie ten opsigte van verbeterde verrigting en rygenot – getrou aan die Lexus Electrified-filosofie – te bewerkstellig. Die RZ 450e is Lexus se eerste model wat uit die staanspoor as ’n battery-elektriese voertuig (BEV) ontwikkel is. Die bedoeling is nie bloot om die voordele van uitlaatgasvrye suiwer elektriese motorry te bied nie, maar om die potensiaal van BEV’s vas te vang om die bestuurservaring te herontdek. Die motor het om daardie rede uitgebreide baantoetswerk en verfyning by die Shimoyama-sentrum in Japan, wat binnekort Lexus se nuwe wêreldhoofkwartier sal wees, ondergaan. Takashi Watanabe, die RZ se hoofingenieur, stel dit so: “Die RZ is ontwikkel met die doel om ’n unieke Lexus-BEV te skep, wat veilig voel om in te ry, aangenaam is om aan te raak en opwindend is om te bestuur. Ons visie is om elektrifiseringstegnologie te gebruik as ’n manier om fundamentele voertuigverrigting te verbeter sodat ons kan voortgaan om rygenot vir alle toekomstige geslagte na te jaag.” Lexus het onlangs die RZ se dinamiese mediabekendstelling by die Aix-en-Provence in Marseille, Frankryk, aangebied. Die bekroonde Château la Coste (die lokaal) was die ideale ligging met sy eietydse en gewaagde ontwerp, wat ook met die natuurlike landskap in harmonie is. Die ligging was gepas vir ’n nuwe Lexus wat gevorderde tegnologie omhels en ’n treffende moderne ontwerp bied. Die nuwe suiwer elektriese Lexus RZ 450e Herfs/Autumn 2023 BONUS www.agribonus.co.za 32

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=