Bonus Tydskrif Winter 2023
Die RZ is ook die eerste toepassing van Lexus se nuwe e-asse – kompakte elektriese motoreenhede wat voor en agter ingespan word en met nuwe DIRECT4 elektroniese wringkragbeheer vir al vier wiele saamwerk. Hoë-gehalte hantering en lewendige reaksie word verseker met ’n toegewyde nuwe elektriesevoertuigplatform, wat uitstekende rompstyfheid, ’n lae swaartepunt en ’n lang asafstand meebring. ’n Kragtige litium-ioon battery-eenheid is ten volle in die onderstel geïntegreer, onder die kajuitvloer. Die gehalte daarvan word fyn beheer om te verseker dat werkverrigting in die lang termyn gehandhaaf Die RZ is 4 805mm lank en het ’n asafstand van 2 850mm met kort oorhange – 995mm voor en 960mm agter. Sy algehele hoogte is 1 635mm en die motor is 1 895mm breed (deurspieëls uitgesluit). Wat eksterne afmetings en spoor betref, sit die model tussen Lexus se middelgrootte NX- en groot RX-nutsmotormodelle. Die hooflig-eenhede se nuwe ontwerp is met die romp verenig. Die kopligte is uiters skraal en beklemtoon die Lexus L-motief van die dagryligte, terwyl die hoofligligte en draaiwysers minder prominent is. Die agterkant het ’n koel, hoëtegnologie-voorkoms met ’n gesplete daklugskort wat die ontwerp se agterwaartse vloei verleng en ’n bydrae tot die motor se stabiele verrigting lewer. Die langwerpige ligdiode-ligstaaf oor die breedte van die motor het ’n kenmerk van Lexus-ontwerp geword. Die platform en battery-elektriese dryfstelsel bied ook nuwe ontwerpvryhede. Die buitekant herinterpreteer die kenmerkende Lexus-spilvorm in die voertuig se romp, terwyl die binneruim ’n ligte en oop ruimte is wat eenvoudig sowel as luuks is en Lexus se Omotenashi-gasvryheid en Takumi-vakmanskap uitdruk. Die RZ met sy uitlaatgasvrye verrigting sal die maatskappy se vordering na koolstofneutraliteit en ’n volhoubare mobiliteitsgemeenskap bevorder. Hier is die fokus nie net op die motor se verrigting op die pad nie; dit omvat sy hele lewensiklus – van onderdeleverkryging, vervaardiging en eienaarskap tot uiteindelike wegdoening. Nuwe metodes is reeds by Lexus se Motomachi-fabriek, die RZ-produksiesentrum, in gebruik geneem vir die prosesse wat die meeste uitlaatgasse produseer. As ’n mens verder as sy markbekendstelling kyk, bied die RZ ’n verbeterde bestuurservaring met ’n opsionele elektroniese stuurstelsel. Lexus se nuwe One Motion Grip, wat tans ontwikkel word, sal makliker en selfs meer presiese stuur verskaf sonder om belangrike terugvoer van die padoppervlak prys te gee. Die RZ is eerstens ’n Lexus, wat al die goeie eienskappe van verrigting en vakmanskap wat met die handelsmerk geassosieer word, behou. Die maatskappy het sy ryk ervaring in voertuig-elektrifisering aangewend om die voordele van ’n BEV te bied met die noodsaaklike verfyning en ry-ervaring wat uniek aan dié handelsmerk is. Om ’n motor op ’n splinternuwe battery-elektriese platform te bou, het nuwe ontwerpgeleenthede geskep, sowel as die vryheid om ’n voorkoms te skep wat die RZ 450e van ander voertuie onderskei. Terselfdertyd is sy stilering ’n evolusie van Lexus se Next Chapter-ontwerp, wat temas omhels wat in ander nuwe Lexus-modelle soos die RX gesien kan word. Die basiese tema was naatlose, emosionele on- twerp geïnspireer deur die ervaring om ’n BEV te bestuur. Die RZ kan onmiddellik as ’n Lexus sowel as ’n BEV herken word danksy afmetings wat sy dinamiese karakter weerspieël. Iets meer oor die RZ Buite-ontwerp www.agribonus.co.za Winter 2023 BONUS 33
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=