Bonus Tydskrif Winter 2023

Laeveld Agrochem besef die noodsaaklike rol wat produsente vervul om aan die groeiende behoefte vir veilige en voedsame voedsel te voldoen, wat ook op ‘n ekonomiese lewensvatbare manier geskied, en nie ten Wkoste van die omgewing plaasvind nie. Getrou aan ons leuse, “Saam boer ons vooruit”, ondersteun Laeveld Agrochem landbou in Suider-Afrika deur produsente se voorkeurvennoot en -verskaffer te wees. Ook bied ons waardetoegevoegde (oesverbeterende) dienste, gewasoptimalisering, plantvoedings en gewasbeskermingsprodukte, gerugsteun deur slim innovasies met moderne tegnologie wat bydra tot produsente se volhoubaarheid. Ons MYFARMWEB™-inligtingsplatform vir presisiegebaseerde boerderye, maak voorsiening vir die transformasie van rou data na inligting, wat gebruik kan word om winsgewende aksieplanne te formuleer. In wese bied hierdie stelsel produsente insigte oor watter boerderybedrywighede meer volhoubaar en winsgewend is. Ons streef daarna om die beste, mees ervare en kundigste span moontlik te hê, wat produsente kan voorsien van volhoubare boerdery-advies en oplossings. Van Laeveld Agrochem se kant wil ons instrumenteel wees in die oplos van armoede en die vermindering van werkloosheid in Suider-Afrika. Ons wens is om produsente te help om ‘n ewigdurende nalatenskap te skep. Vir bronverwysings, kontak die outeur of besoek www.laeveld.co.za. Winter 2023 BONUS www.agribonus.co.za 40

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=