Bonus Tydskrif Winter 2023
‘n Merweville nougatfabriek, Karoo Blessings, wat hulp aan droogtegeteisterde distriksboere verleen, het sélf onlangs hulp in die vorm van ‘n R175 000 sonkragstelsel ontvang. Dié stelsel is in April deur die landbouhulpskema, die Agri Relief Foundation (ARF), geskenk. “Wat ‘n blessing! En só onverdiend en onverwags. Ons was eintlik net besig om kliënte in kennis te stel dat ons bestellings as gevolg van beurtkrag laat gaan wees,” vertel Marian Esterhuizen, mede-eienaar van die nougat-besigheid, Karoo Blessings. Beurtkrag het dié fabriek herhaaldelik laat stilstaan, omdat nougat glad nie gemaak kan word indien daar enigsins vog in die lug is nie. Merweville is eintlik ideaal vir nougat, omdat dit so droog is. Tog is ‘n ontvogtiger ( dehumidifier ) deurgaans in die fabriek aangeskakel om te verseker dat die nougat in droë omstandighede gemaak word. “Sodra ons masjiene gereed is om te begin produseer, dan tref beurtkrag en alles kom tot ‘n stilstand.” Klein besigheidmet ‘n groot hart “Die groot rede waarom die ARF aangebied het om Karoo Blessings met die sonkragstelsel te help, is omdat R30 van elke Boere Blessings- boksie netso aan droogtegeteisterde boere geskenk word,” sê Esterhuizen. “Hierdie is ‘n langtermyn, volhoubare projek.” Marian en haar vennoot, Suzaan Theron, het in 2020 die boereboksprojek van stapel gestuur, nadat Merweville se boere reeds sewe jaar onder droogte gebuk gegaan het. “Ons is twee natuurlike gewers, maar die droogte het ons ‘gee’ kom steel. Só het ons die boereboks-projek begin. Dit het ons ‘n geleentheid gegee om weer te kón gee, sonder dat dit ons iets gekos het.” Die vriendinne het besluit om die nood binne hulle Merweville-kerk se grense te bepaal, omdat hulle ‘n manier moes kry om te bepaal wie hulle sou kon help en wie nie. “Daar was 70 boere in die kontrei en ons het met almal in kontak getree.” Uiteindelik het 50 uit die 70 boere hulp aanvaar. Die oorblywende 20 was óf besigheidsmanne (leefstylboere) óf afgetredenes wat op hul pensioengeld kon oorleef. Tog het tien van dié ook gevra om hulp te ontvang in die vorm van veevoer en -medikasie. “Dit was ‘n groot aanduiding van hoe groot die nood was, want hierdie is trotse mense. Om teenoor ‘n medeboer se vrou te erken dat jy hulp benodig, is nie maklik nie. Dit wys net dat daar regtig geen ander uitweg was nie,” sê Marian. Ons ken self hierdie swaar Marian en Suzaan is beide met produsente getroud en ervaar dus eerstehands die invloed van die droogte op boerderye. Tewens, Marian se man, Joubert, het self ondersteuning in die vorm van veevoer vanuit die droogtehulpfonds ontvang. “Die regering het ramphulp gestuur en daarvoor is ons dankbaar. Dit het beteken dat baie boere nie hul grond hoef te verkoop nie. Ongelukkig was dit nie voldoende nie. Tog het ons mense opgestaan en vir ons gesorg, en daarvoor is ‘n mens dankbaar.” Marian sê dit maak ‘n ongelooflike verskil in ‘n mens se gemoed om te besef dat iemand aan jou gedink het toe hulle ietsie geskenk het. Vandag ontvang slegs 32 boere in die Merweville-distrik steeds ondersteuning vanaf Karoo Blessings. “Die ander 18 kry steeds swaar, maar dit gaan deesdae beter en hulle kan nou terugstaan, sodat hul medeboere meer ondersteuning kan ontvang. Maar, dit gaan baie reënjare neem om ‘n dekade se droogte te breek. Ons gaan dalk nooit weer kan opmaak wat ons verloor het nie.” Genade kom egter in talle vorme, sê sy. “Soms skenk die Here reën, maar op ander tye stuur Hy nougat of ‘n geskenkboks of iets anders.” Die sonkrag-geskenk En soms kom seën in die vorm van ‘n ‘nKragtige geskenk vir landbou- barmhartiges Deur Susan Marais, Plaas Media Winter 2023 BONUS w ww.agribonus.co.za 14 inter 2023 BONUS www.agribonus.co.za 56
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=