Bonus Tydskrif Winter 2023

sonkragstelsel, wat deur die ARF geskenk word. Die ARF is juis gestig om boere by te staan in rampspoedige tye. Landbou-risiko’s sluit natuurrampe, ongunstige produksie- en marktoestande, ongewenste politieke klimaat en misdaad in. Hoewel daar talle versekeringsplanne en ander meganismes bestaan om risiko te bestuur, is dit nie moontlik of prakties om alle risiko’s wat die hedendaagse Suid-Afrikaanse boer in die gesig staar, proaktief te bestuur nie. Dis hier waar die ARF, ‘n nie-winsgewende instansie, inkom om landbouprodusente in tye van nood by te staan. Die ARF poog om te finansieel en op ander maniere te help tydens rampspoedige tye. Die huidige direksie van die ARF bestaan uit dr Frikkie Maré, akademiese hoof van die Departement van Landbou Ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, Ernst Janovsky, ‘n afgetrede landbou-ekonoom en voormalige hoof van Absa Agribesigheid, Johan van den Berg, landbou-metereoloog met meer as 36 jaar ervaring, en Anton Niemann, voormalige algemene bestuurder van smeermiddels by Shell. Toe die direksie besluit het om die skenking aan Karoo Blessings toe te staan, was die grootste beweegrede die feit dat hierdie klein besigheid soveel verligting aan soveel boere bring. Dit het net sin gemaak om hulle deure oop te hou en die masjiene aan die gang te hou, sodat hulle kan aanhou om hulle wonderlike werk te verrig. Marian Esterhuizen en Suzaan Theron, eienaars van Karoo Blessing, by hulle nuwe sonkragstelsel Karoo Blessings se nuwe sonpanele deur die Agri Relief Foundation geskenk. 15

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=