BONUS MAGAZINE AUTUMN 2025

Crompton voeg by dat die Corolla Cross deurslaggewend is in Toyota se verbintenis tot volhoubaarheid. Terwyl TSAM sy koolstofneutrale doelwitte nastreef, vervul die Corolla Cross ’n kernrol in die ondersteuning van die maatskappy se doelwitte. Toyota bly die leier in plaaslike verkope van nuwe- energie-voertuie (NEV) en het 67% van dié markaandeel vir 2024 ingeneem. • Suid-Afrika se topverkoper-sportnuts • Suid-Afrika se topverkoper- hibriede voertuig • Suid-Afrika se naasbeste passasiersvoertuig • Nuwe buite-ontwerp vir alle modelle (behalwe GR-S) DIE NUWE TOYOTA COROLLA CROSS: VOL LEWE! Die Toyota Corolla Cross, wat op sy merkwaardige sukses sedert sy plaaslike bekendstelling in 2021 voortbou, gaan voort om Suid-Afrikaanse verbruikers met sy samesmelting van erfenis, ontwerp, en vernuwing te boei. Daarbenewens het die Corolla Cross sy plek as Suid-Afrika se gunsteling in die uiters mededingende kompakte sportnuts-segment verseker, met meer as 22 000 eenhede wat net verlede jaar verkoop is. Hierdie sukses het dié motor ook die land se naasbeste topverkoper- passasiersvoertuig gemaak. Glenn Crompton, visepresident van bemarking by Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM), sê: “Die jongste weergawe van die Corolla Cross verhef hierdie model tot nuwe hoogtes, wat ’n string opwindende verbeterings bekendstel. Dit sluit in verfynde ontwerpelemente, tegnologie aan die voorpunt in die bedryf, en verbeterde veiligheidskenmerke wat in pas is met die ontwikkelende behoeftes van ons klante.” Opvallende buite-ontwerp Die nuwe Corolla Cross stel ’n gewaagde nuwe voorkoms bekend, wat begin met ’n geometriese buffer- en sierroosterontwerp, wat ’n sterk eerste indruk maak. Die herontwerpte kopligte, wat opeenvolgende (sekwensiële) flikkerligte (op die XR- en GR-S- modelle) het, verbeter sigbaarheid en gee ’n moderne aanslag. Uniek gevormde Bi-Beam-ligdiode-kopligte en kristalagtige ligdiode-dagryligte is eksklusief in die XR- en GR-S-modelle. Die agterkant is opgedateer met nuut ontwerpte stertligte met ’n binnelens vir groter akkuraatheid en eenvormigheid. ’n Slanke nuwe koolstofneutrale kenteken beklemtoon verder Toyota se toewyding aan volhoubaarheid. Klante kan ook kies uit twee pragtige nuwe kleure – Brass Gold en Oxide Bronze – om die motor nog meer persoonlik te maak. Weelderige binne-opgraderings Sodra ’n mens in die nuwe Corolla Cross klim, sal jy dadelik die voortreflike materiaal opmerk wat die kajuitervaring verhoog. Kenmerke soos werklike stikwerk op die instrumentpaneel en konsoledeksel tesame met hoëgehalte vloermatte met ’n voetkussing vir die bestuurder se hak, verbeter die algehele gehalte in die binneruim. Gerief is nog ’n fokuspunt danksy die toevoeging van ’n elektriese parkeerrem, USB’s met Tipe C- sokke en sensors wat agterste insittendes vir bykomende veiligheid bespeur. Die sitplekke is opgegradeer met agtersitplekke wat vir ekstra gemak kan terugleun,

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=