BONUS SPRING SUMMER 2025

Koste (per ton) Totale voerkoste om gelyk te breek R5 046 Koste van rantsoen om gelyk te breek R4 200 Maalkoste om gelyk te breek R253 Tabel 5 illustreer wat die totale voerkoste per dier oor ’n tydperk van 155 dae moet wees van ’n gemaalde mielie rantsoen om dieselfde wins te lewer as ’n heel mielie rantsoen. Verder toon die tabel wat die maksimummaalkoste van mielies kan wees om gelyk te breek met heel mielies. Met ander woorde enige maalkoste wat minder as R253/ ton is, sal dus ’n positiewe ROI oplewer. Hierdie proefdata is gebruik vir illustrasiedoeleindes, en somme sal varieer gebaseer op mielieprys, speenkalfprys, en slagprys asook plaasspesifieke inname en groeidata. Dit is belangrik om in ag te neem dat Corona & Rodriguez se groeidata baie laer is as waarna gestreef word in Suid-Afrikaanse omstandighede. Hoe hoër die druk op hoër GDT’s, hoe moeiliker gaan dit wees om dit met heel mielies te bereik, en hoe groter sal die verskil tussen prestasie op heel mielies en gemaalde mielies raak, en so ook die koste- implikasie daarvan. Praktiese wenke: Partikelgrootte is van belang en ideaal wil ons graag variasie in partikelgrootte sien soos volg: • 33% ongeveer een kwart van die mieliepitgrootte. • 33% tussen een kwart van die mieliepitgrootte en meelvorm. • 33% in meelvorm. Vermy oorverwerking omdat té fyn mielies sal veroorsaak dat meer vinnige fermentasie in die rumen geskied wat voedingsteurnisse (insluitend asidose) kan veroorsaak. Berg voldoende verwerktemielies behoorlik: • Stoor in ’n koel, droë stoor om bederf te voorkom. • Verseker dat genoeg klaar gemaalde mielies gestoor word om te buffer teen hamermeulbrekasie. • Moenie wissel tussen verwerkte en heel mielies nie – dit lei tot voedingsteurnisse. Ten slotte Die verwerking van mielies vir herkouers is ’n waardevolle gereedskap wat voerdoeltreffendheid verbeter, diereprestasie verhoog, en ekonomiese voordele vir boere bied. Deur die regte verwerkingsmetodes te kies en praktiese wenke toe te pas, kan boere die volle potensiaal van hierdie stapelvoer ontsluit. Evalueer vandag jou huidige praktyke en oorweeg hoemielieverwerking in jou voerstrategieë kan inpas. Vir meer inligting, skakel jou naaste tegniese adviseur – https://www.deheus.co.za/meet-our-team. • Té groot partikels kan ’n aanduiding wees van ’n gat in die hamermeulsif, of ’n té groot sif. www.deheus.co.za | 031 785 1575 | infosa@deheus.com Tabel 5: Kostevergelyking tussen heel en gemaalde mielies in ’n TGR om dieselfde ROI op te lewer. Spring/Summer 2025 BONUS www.agribonus.co.za 98

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=