BONUS SPRING SUMMER 2025

Hierdie gesogte weeklange byeenkoms het vier kampioenskappe behels: • SA Volwasse Interprovinsiale Dressuur- spankampioenskap • SA Volwasse Individuele Dressuur- kampioenskap • SA Volwasse Vrystyl-kampioenskap • SA Para-ruiterkampioenskap Met hierdie kampioenskap het die Kyalamipark- klub vir ’n vierde jaar voortgegaan om dressuur as ’n sport te laat groei, nuwe gehore te lok, en groter deelname landwyd te inspireer. TSAM het die dwarsbalk vanjaar verhoog deur een kampioenskapwenner met ’n slanke en stylvolle Toyota Starlet Cross te beloon. Hierdie prys is die eerste van sy soort in die geskiedenis van die kampioenskap. Hierdie baanbreker- wenprys het ongekende inskrywings gelok wat strawwe mededinging na die kompetisie gebring het. “As deel van ons volgehoue ondersteuning vir perdesport en lonende prestasie, was ons opgewonde om die Toyota Starlet Cross aan een van vanjaar se kampioene toe te ken. Die Starlet Cross is in die kol vir dressuur en ’n veelsydige nutsmotor – perfek vir ruiters wat hul tyd tussen stalle en die stadslewe verdeel. Dit was vir ons ‘n voorreg om nog ’n jaar se onvergeetlike vertonings en kampioenskappe by hierdie jaar se inspirerende kampioenskapsbyeenkoms te beleef.” Besoek gerus Toyota Community Sponsorships | Toyota South Africa vir nog inligting oor Toyota se handelsmerkvennootskappe. www.agribonus.co.za Spring/Summer 2025 BONUS 81

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=