Bonus Magazine Spring Summer 2023
Daar is verskeie artikels gepubliseer rakende die belangrikheid van fosfaataanvulling, veral in die somermaande, asook om die rumen te stimuleer om maksimale gebruik uit die beskikbare weidings te benut. Hierdie artikel volg ’n meer praktiese benadering. De Heus se benadering is om op die jaarlikse fosfaatbehoeftes van beeste te fokus, aangesien oortollige fosfaat uit ’n dieet in die beenstruktuur gestoor word. Dit word vandaar onttrek wanneer dit tydens ’n tekort in die dieet benodig word. ’n Volwasse, lakterende koei se dieet moet met ten minste 2,1kg fosfaat (P) per jaar aangevul word. Ons beoog om die grootste hoeveelheid daarvan in die groeiseisoen te voorsien, aangesien die dier dan ’n positiewe groeireaksie daarop toon. Dit kom neer op ongeveer 12g fosfaat (P)/koei/dag in die groeiseisoen wat sowat 140 dae duur. Hoe bereik ons dit? RumiLick® Rainfos P9 (V24939) RumiLick® Rainfos P9 (V24939) is ‘n voorafgemengde fosfaatlek met 90g/kg fosfaat (9%) in. Die konsentrasie fosfaat in die produk is verhoog vanaf die tradisionele 6% na 9%, omdat daar oor die algemeen gesukkel word om goeie innames op fosfaatlekke te behaal. Sodoende word met dieselfde inname heelwat hoër vlakke van fosfaat ingeneem. RumiLick® Rainfos P9 (V24939) behaal gemaklik 120 tot 150g/dier/dag tydens die groeiseisoen. De Heus voorsien dus in die grootste deel van die fosfaatbehoefte van 2,1kg/jaar in die groeiseisoen. Dit impliseer dat winterlekke net genoeg fosfaat hoef aan te vul soos nodig is vir die metaboliese prosesse. Dit help om winterlek-onkoste te bespaar. RumiLick® Rainfos P9 (V24939) word met ‘n reeks spoorminerale (koper, sink, mangaan, selenium, ens.) en vitamiene verryk. Die produk bevat ook 15% proteïen, wat dit ’n ideale oorgangslek tussen seisoene maak. Laastens is hierdie produk ook reënbestand. RumiLick® Rainfos P9 (V24939), in die praktyk Jurie Naudé - Produkbestuurder ekstensiewe herkouers, De Heus Spring/Summer 2023 BONUS www.agribonus.co.za 16 ri / r ww.agribonus.co.za 6
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=