Bonus Tydskrif AUTUMN 2024

En so flits die jare by ons verby. Vyf-en-twintig jaar gelede, in September 1998, het Agribonus afgeskop met vier vennote, waaronder Zoetis (toe nog Pfizer Dieregesondheid) en LMI. Aan die ledekant het ons toe reeds 6 800 melkboere aanboord gehad. Die res van die boerderygemeenskap het vinnig gevolg en aan die begin van 2004 het ons met ‘n stewige 64 000 lede gespog. Regdeur sy 25-jarige bestaan het AgriBonus gedurig vennote sowel as boerelede bygekry. Vandag spog ons met ‘n suksesvolle lojaliteitsprogram danksy ons uitstekende vennoot-insetverskaffers asook ons lojale lede, ONS BOERE! Kortom: ‘n Klein begin, maar met ‘n uitstekende rekenaarprogram wat nie van die winkelrak af gekoop is nie, maar self geprogrammeer is met landbou in gedagte. Ons het ons oog deurentyd op die bal gehou. Wat AgriBonus moes doen, was om aan sy vennote ‘n doeltreffende bemarkingskanaal te bied, direk na ons boerelede. Ons Bonusgids het gegroei na ‘n pragtydskrif propvol inligting en vennote-artikels. Die Bonus Shop-afdeling het‘n baie spesiale plek begin inneem en groot plesier, waardering en opgewondenheid onder ons boerelede meegebring want daar kan hulle hul AgriBonus-punte na hartelus spandeer. Oor die jare kon ons boonop ons rekenaarprogram opgradeer na ‘n lewendige, interaktiewe program en vandag word alles aanlyn gedoen. Uiteindelik beteken dit alles meer en groter voordele vir ons boerelede. Die AgriBonus-toekomspad lyk blink, so ondersteun ons topklas vennote, maak jou punte bymekaar, en bederf jouself met ‘n ietsie gratis … Bestanddele van ‘n wenresep

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=