Bonus Tydskrif AUTUMN 2024
TOYOTA SKOP 2024 AF MET ‘N STEWIGE VERTONING Die algehele binnelandse verkope van nuwe voertuie vir die maand was 41 636 eenhede, wat ’n afname van 1 658 eenhede (’n daling van 3,8%) teenoor die 43 294 voertuie wat in Januarie 2023 verkoop is, weerspieël. Dit is ook die sesde agtereenvolgende maand dat ‘n inkrimping van die mark aangeteken word. Deur die bank ‘n goeie vertoning Toyota het nietemin – ten spyte van die heersende negatiewe sentiment – die nuwe jaar met ’n prysenswaardige kleinhandelvertoning binnegegaan: “Altesaam 10 855 verkope en ’n ooreenstemmende markaandeel van 26,1% is ’n uitstekende ysbreker en ‘n goeie bewys van die plaaslike Toyota-span se vermoëns. Ons is gelukkig om die regte gereedskap te hê om hierdie ekonomiese storm te weerstaan – ’n robuuste handelaarsnetwerk, uitstekende OEM- ondersteuning tesame met ’n geskikte produk, en natuurlik ’n uiters lojale klantebasis. “Ons is ook een van die min motor- vervaardigers wat gehalteverteenwoordiging in bykans elke segment het, en dit het Toyota baie mooi geposisioneer omverkope ten beste te bevorder – veral in die passasiersmarkruimte, waar ons ’n gewisse toename in die vraag na ons motors ervaar,” sê Leon Theron, Toyota Suid-Afrika se senior visepresident vir verkope en bemarking. Danksy uitstekende vertonings van die Hino 300 (58), die Coaster (55) en die Quantum (37), bly Toyota ook die leier in MHV-geledere met ’n 28,8%-aandeel van hierdie mark. Op die onderdelefront is voorraad vir Januarie aangeteken op net meer as 1,4 miljoen dele wat plaaslik versprei is en 312 084 dele wat na buitelandse markte uitgevoer is. Tydens sy onlangse saamtrek oor die stand van die motorbedryf, SOMI, het Toyota te kenne gegee dat Suid-Afrika se motorsektor in 2024 grootliks in ’n ontspanne modus sal bly, wat deur die Januarie-syfers bevestig is. Vir meer inligting besoek jou naaste Toyota-handelaar of gaan na www.toyota.co.za. Die Corolla Cross, Starlet en Fortuner het al drie op die top-tien verkopelys verskyn, met verkope van onderskeidelik 1 660, 1 479 en 974 eenhede. Dit gee aan Toyota ’n algehele markaandeel van 22,6%. Iets wat opmerklik is, is die feit dat die handelsmerk twee ander modelle het wat voorheen hoër geplaas was en duidelik die potensiaal vir groter kleinhandelsyfers het – die Vitz (622) en die Urban Cruiser (589). Die NX het ’n nuttige 23 verkope vir Toyota se susterhandelsmerk, Lexus, behaal. Die bakkiesegment Hilux het sy oorheersende lopie van 2 645 eenhede in Januarie vir ’n 24,9%-aandeel van die algehele LHV-segment voortgesit. Toyota, wat 1 194 eenhede vir die Hiace gehaal het, is eweneens ver voor in die taxi-segment. Die huidige model het, met die naderende bekendstelling van die opgekikkerde Land Cruiser 79-bakkie met die nuwe 2,8-liter-kragbron en outomatiese ratkas, ’n geloofwaardige elfde plek met verkope van 127 eenhede behaal. Toyota se algehele aandeel in die LHV-mark staan op ’n toonaangewende 37,8%.
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=