Bonus Tydskrif AUTUMN 2024

Verower enige terrein, bemeester enige projek met Revaro se grondverskuiwingsarsenaal Van klein tot kolossaal Beweeg oor berge! As dit by grondverskuiwing en konstruksie kom, is Revaro se vloot TLB’s en masjiengrawe gereed om enige uitdaging, groot of klein, aan te pak. Van vinnige mini-masjiengrawe wat deur nou spasies dans, tot nuttige swaardiensmasjiene wat gebou is vir pure krag. Revaro het die spiere wat jy nodig het om jou visie in ‘n werklikheid te omskep. Ongeag hoe kompleks ‘n projek is, met Revaro aan jou sy, verower jy enige terrein en bemeester jy enige taak. Kom ons begin by die HD50, ‘n TLB gelykstaande aan ‘n kompakte kragstasie wat gebou is om te hou. Nou spasies is geen probleem vir hierdie masjien nie. Dit navigeer maklik in smal stegies en hoeke, terwyl dit steeds indrukwekkende graafdiepte lewer. Hierdie kenmerk maak dit ideaal vir landskapsontwerp, slote grawe en stedelike projekte. Moet jy groter projekte aanpak? Kyk dan na die HD90. Hierdie masjien spog met meer krag en graafdiepte, terwyl sy groter voetspoor rotsvaste stabiliteit bied tydens veeleisende take. Vir maksimum krag en werkverrigting, kraai die HD100 koning. Hierdie beste-in-die- reeks TLB pak die moeilikste take met gemak aan, en verseker dat jy enige konstruksieterrein ore aansit. Beknopte spasies en ingewikkelde take staan nie ‘n kans teen die presisiekrag van Revaro se T-Rex-mini-masjiengrawe nie. Hierdie mini-wonderwerke, wat hul groter broers en susters se reputasie gestand doen, is gebou vir moeitelose beweging en raak enige landskap, slootgraaf of ander projek in beperkende gebiede baas. Die T-Rex 608 is ‘n mini maestro wat noukeurige beheer en presiese loopgrawe verseker. Het jy meer spiere nodig? Kyk gerus na die T-Rex 612 of 612S vir groter graafdiepte en krag om uiteenlopende projekte met gemak te hanteer. In selfs die rofste terrein is die spoorbaan van die T-Rex 612S koning met onwrikbare stabiliteit en werkverrigting. Vind jou perfekte pasmaat en ervaar hoe behendigheid, krag en beheer nuwe betekenis kry by kleinskaalse uitgrawingsprojekte. Maak nie saak hoe groot of uitdagend die projek is nie, daar is ‘n Revaro-laaigraaf wat gereed is om jou doelwitte in sukses om te skakel. Autumn / Herfs 2024 BONUS www.agribonus.co.za 44

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=