Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL
Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) stel die jongste toevoeging tot sy gerespekteerde Crossover- sportnutsreeks, die nuwe Toyota Starlet Cross, met trots bekend. Die Starlet Cross is ontwerp om verwagtinge in ontwerp en veiligheid te oortref en verteenwoordig Toyota se toewyding aan vernuwing en klantetevredenheid. Die Starlet Cross sal nie net TSAM se nutsmotor- en sportnutsreekse versterk nie, maar ook Toyota se belang in die kompakte motorsegment sowel as in die passasiersmotor-afdeling vergroot en versterk. Dit sluit aan by ander bekostigbare modelle in die kompakte motorklassifikasie, insluitend die Vitz, Starlet en Urban Cruiser. Glenn Crompton, TSAM se visepresident van bemarking, som dit só op: “Die Starlet Cross is ’n uitsonderlike toevoeging tot ons diverse voertuigreeks in die plaaslike mark. Dit voorspel net goeie dinge vir ons verkoops- en bemarkingstrategie, en dit is om ongeëwenaarde klantetevredenheid te lewer deur by die ontwikkelende mark- en leefstylvoorkeure van ons verbruikers aan te pas. Die nuwe toevoeging sal gewis ons bestaande en omvattende passasiersmotorreeks aanvul, aangesien dié modelle steeds sterk posisies in hul onderskeie segmente handhaaf.” SPORTNUTS-ERFENIS: ONTWERP EN BINNERUIM Die Toyota Starlet Cross is ’n samesmelting van praktiese sportnutsgebruik - en eietydse luikrugontwerptendense wat sy teenwoordigheid op die pad verhoog. Die Starlet Cross pronk met ’n aërodinamies- gevormde silhoeët wat ontwerp is om die koppe te laat draai. Aan die voorkant trek ’n treffende sierrooster met chroomversiering die aandag, omring deur nuutgevormde ligdiode-kopligte wat nie net sigbaarheid verbeter nie, maar ook ’n tikkie gekunsteldheid bydra. Dubbele DIE SPINTERNUWE TOYOTA STARLET CROSS - MAAK DIT JOUNE! Spring/Summer 2024 BONUS www.agribonus.co.za 8
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=