Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL
Die bekendstelling van CASE IH se nuwe Optum CVX 270/300-trekker by Nampo 2024 het vir groot opwinding gesorg. Hierdie veelsydige trekker, wat tussen die Magnum- en Puma-reekse val, bied aan produsente uitstekende werkverrigting vir verskeie take, soos bewerking, strooiing en spuitwerk. Die trekker is met ’n 6,7ℓ ses-silinder FPT-enjin toegerus en lewer tussen 202 en 225kW se krag. Dit word in Oostenryk vervaardig en is nou in Suid- Afrika beskikbaar. Die Optum-trekker word beskryf as ’n gewilde en betroubare masjien wat wêreldwyd deur produsente gebruik word. Bertus Barkhuizen, produkspesialis by CASE IH, het meer insig gegee in die gevorderde tegnologie van die nuwe Optum CVX 270/300-trekker. Die trekker word deur CASE IH se CVX deurlopende veranderlike transmissie aangedryf, wat presiese spoedbeheer verseker en brandstofdoeltreffendheid verbeter. Dit help produsente om op hul insetkoste te bespaar. Barkhuizen het ook die uitstekende krag- tot-gewig-verhouding van die trekker uitgelig. “Die Optum is sterk, maar weeg minder, wat dit makliker maak om mee te werk. Met dubbelwiele is die gewig beter versprei, wat verbeterde trekkrag meebring. Produsente kan ook die wielwydte aanpas volgens hul behoeftes.” Hy het verder opgemerk dat die trekker dieselfde digitale infrastruktuur as die Magnum-reeks het, wat dit ’n uitstekende keuse vir moderne boerderybehoeftes maak. Die nuwe Optum CVX 270/300-trekker is beslis ’n waardevolle bate vir enige produsent wat op soek is na doeltreffendheid en veelsydigheid. Vir meer inligting oor die Optum-reeks of enige van Case IH se trekkers en ander toerusting, besoek gerus hul webwerf by www.caseih.com . Die Case IH Optum-trekker het die koppe behoorlik laat draai by Nampo Bothaville en Nampo Kaap. se veelsydige Optum CVX 270/300 trekker
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=