HERFS/AUTUMN BONUS TYDSKRIF 2026
MEER TOERUSTING, BETER VEILIGHEID, EN GROTER PRET VIR DIE TOYOTA RUMION • Buitekant-verbeterings met groter afmetings • Opgegradeerde veiligheidspesifikasies • USB-C bied bykomende gerief vir insittendes Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) is opgewonde om die jongste rondte opdaterings aan een van sy mees geliefde mensedraers, die Toyota Rumion, bekend te stel. Dié 2025-model bring betekenisvolle verbeterings in veiligheid, gerief, en stilering, wat dit ’n selfs sterker aanspraakmaker maak vir gesinne en pendelaars wat ruimte, gerief, en doeltreffendheid waardeer. BUITENSTE VERBETERINGS Van buite lyk die Rumion meer doelgerig as voorheen. Die dak is met 120 mm verleng, die pilare is nou 22 mm breër, en die agterste oorhang groei met 40 mm – veranderinge wat nie net die silhoeët verfyn nie, maar ook praktiese toepassing verbeter. ’n Nuwe agterbuffer en herontwerpte agterligte voltooi die verfrissende voorkoms, terwyl ’n lugskort agter en aan die kante van die dak nou standaard in die hele reeks is. Hierdie opdaterings bou voort op die reeds gewaagde swart sierrooster, wat voorheen bekend gestel is en wat die Rumion ’n selfversekerde teenwoordigheid op die pad gee. VERBETERDE VEILIGHEID Veiligheid neem in 2025 ’n beduidende stap vorentoe. Alle modelle is nou toegerus met kant- en gordynlugsakke en die derde ry trek voordeel uit drie kopstutte pleks van twee. Die middelste veiligheidsgordel in die tweede ry is ook opgegradeer na ’n volle driepuntkonfigurasie, wat Toyota se verbintenis om gesinne veilig te hou, versterk. BINNERUIM-VERBETERINGS Alledaagse gerief in die binneruim is ook verhoog. Vir 2025 kry die SX ook ’n Tipe-C- laaipoort in die tweede ry, wat dit makliker maak vir passasiers om verbind te bly. Die TX-model gaan selfs verder met nuwe Tipe-C-laaisokke in die tweede sowel as die derde rye. www.agribonus.co.za Herfs/Autumn 2026 BONUS 45
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=