HERFS/AUTUMN BONUS TYDSKRIF 2026

NewHolland vier 50 jaar van oesmasjieninnovasie deur Derrick Coetzee, produkbemarkingspesialis van New Holland Suider-Afrika. Sedert 1975 is New Holland se Twin Rotor™- stropers die onbetwiste markleiers in terme van kragdoeltreffendheid, kapasiteit, graan- en strooigehalte. Ons vier 50 jaar van voortdurende ontwikkeling en verbetering van die CR- stroperreeks, toegerus met die nuutste tegnologie vir voortreflike kraguitset, werkverrigting, kapasiteit, en graan- en strooigehalte. Binne die New Holland CR Revelationstroperreeks bied ons ‘n verskeidenheid stropers wat aangepas is vir jou oesbehoeftes — van die oppervlakte wat geoes moet word, die kopbreedte wat benodig word, tot spesifieke vereistes en die beskikbare oesvenster om jou waardevolle gewas van die land af te kry. New Holland: Saam met jou; seisoen ná seisoen. Topmateriaalvloei Die Dynamic Feed Roll™ (DFR) bevorder materiaalvoering en verseker ‘n konstante materiaalvloei na die Twin Rotor™, wat ‘n kragbesparing van 7 perdekrag (5,2 kW) en ‘n kapasiteitsverhoging van tot 10% meebring. Met die reguit en egalige vloei van materiaal deur die TwinPitch Rotors™ word die skoonmaakoppervlak egalig belas vir optimale skeiding van gewas en materiaal. Die DFR verseker lineêre spoedaanpassing tussen die werkmodules om selfs groen en nat materiaal te verwerk. Dit beteken boere kan vroeër soggens en later saans oes. Diep gesnyde skoppe van die DFR dien ook as klipbeskerming om die gewasvloei- komponente te beskerm. Die TwinPitch Rotor™-stelsel is ontwerp vir twee belangrike voordele: Die rotors se hoëspoedrasperstawe met die eiervormige konkaafopening laat genoeg spasie toe vir ‘n gewas-dorsaksie wat baie sagter is as gewas- op-konkaaf-dorsaksie. Die ontwerp verseker ‘n doeltreffende dorsaksie, veral met hoë opbrengste. Om die beste strooigehalte en brandstofverbruik te verseker, is dit krities dat die gewas die regte tyd binne die stroper bly – daarom is die CR-stropers toegerus met die korter 2,64 m rotorontwerp. Met die kombinasie van TwinPitch Rotor™ en Dynamic Flow Control™ is daar ‘n beduidende besparing op brandstof en die beste strooigehalte. Skoonste graanmonster in sy klas Die Opti-Clean™-skoonmaakstelsel verseker optimale skeiding tussen skoon graan en ander materiaal. Dit werk binne sy eie raam en kan die stelsel gelyk hou selfs al kantel die stroper tot 17 grade, wat dit ideaal maak vir beide gelyke en ongelyke werkoppervlaktes. Opti-Fan™-tegnologie kompenseer vir die effek van swaartekrag op gewasmateriaal. Wanneer die stroper op ‘n gelyke vlak oes, kan die verlangde waaierspoed gekies word. Die waaierspoed word ook outomaties aangepas wanneer teen ‘n helling op of af beweeg word. Die RotoThresh™-herdorsstelsel werk buite die hoofdorsarea om maksimum kapasiteit vir alle gewasse te verseker. Ná die herdorsproses word die gedorsde gewas met skoppe terug na die skoonmaakarea gestuur en nie na die hoofdorsarea van die rotors nie, wat die hoofdorsarea nie oorlaai of graan beskadig nie. Superieure kajuit Die stroper se kajuit is ergonomies, maar Herfs/Autumn 2026 BONUS www.agribonus.co.za 90

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=