SPRING SUMMER BONUS MAGAZINE 2026

TOYOTA HERDEFINIEER AVONTUUR RAV4 MET DIE SPLINTERNUWE Die sportnuts wat die reëls verander het, is terug – groter in ambisie, meer gewaagd in ontwerp, en meer gevorderd as ooit tevore. Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) stel die splinternuwe Toyota RAV4 met trots bekend – ’n heeltemal nuwe generasie van die ikoniese sportnuts wat gehelp het om die moderne nutsmotorsegment te skep. Die nuwe RAV4, wat van nuuts af herontwerp is, kombineer treffende ontwerp, gevorderde elektriese aandrywing, volgende-generasie-veiligheidstegnologie, en ’n gekoppelde digitale ervaring in ’n voertuig wat gebou is vir die manier waarop mense vandag leef, werk, en plekke verken. Die splinternuwe RAV4, wat meer bekwaam, intelligent, en nog veelsydiger as ooit tevore is, is oorgehaal om Suid-Afrikaners te help om alle horisonne te gaan verken. Daarbenewens is die nuwe RAV4 vir alles van stadstrate tot bergpasse, gesinsuitstappies, tot naweekwegbreke ontwerp – om aan te pas, te inspireer, en te presteer. Dit is die mees gevorderde, mees gekoppelde, en mees veelsydige RAV4 wat nog in Suid-Afrika aangekom het. Die RAV4 het langer as drie dekades gelede baanbrekerswerk gedoen in ’n segment wat voorheen nie bestaan het nie en die gemak en rybaarheid van ’n passasiersmotor met die praktiese bruikbaarheid, veelsydigheid, en selfvertroue van ’n sportnutsvoertuig gekombineer. Dit was destyds ’n revolusionêre idee. Vandag dien dit as die bloudruk vir een van die wêreld se gewildste voertuigafdelings. Die splinternuwe RAV4 betree nou ’n nuwe era en bou voort op daardie nalatenskap met ’n sterker ontwerpidentiteit, gevorderde elektriese kragbronne, aansienlik verbeterde veiligheidstegnologie, volgende-generasie- konnektiwiteit, en ’n breër reeks modelweergawes wat ontwerp is om aan die behoeftes van ’n toenemend diverse klantebasis te voldoen. Die nuwe RAV4, wat rondom die filosofie van “Die lewe is ’n avontuur” ontwikkel en onder die tema “Ontdek elke horison” bekendgestel is, is ontwerp vir mense wat geleenthede omhels – waar hulle dit ook al aantref. Hetsy dit nou beteken om stadstrate baas te raak, die daaglikse skoolrit aan te pak, vir ’n langnaweek te ontsnap, of die eerste stap na elektriese mobiliteit te neem – die nuwe RAV4 is gebou om elke reis meer lonend te maak. ’N IKOON ONTWIKKEL Sedert sy buiging in 1994 is meer as 15 miljoen RAV4’s al wêreldwyd verkoop, wat dit een van Toyota se suksesvolste modelreekse en een van die wêreld se topverkoper-sportnutsvoertuie maak. Die RAV4 het oor ses geslagte bestendig by veranderende klantebehoeftes aangepas, terwyl hy getrou gebly het aan die eienskappe wat www.agribonus.co.za Spring/Summer 2026 BONUS 141

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=