SPRING SUMMER BONUS MAGAZINE 2026

PHEV-modelle word uitsluitlik in tweekleur- afwerkings aangebied – elk met ’n swart dak. Beskikbare kleuropsies sluit in Platinum White Pearl, Smokey Blue, Passion Red, Moonlight Ocean, Avant-Garde Bronze, en Moon Grey. GEVORDERDE PHEV-TEGNOLOGIE Die vlagskip- RAV4 PHEV verteenwoordig Toyota se mees gevorderde geëlektrifiseerde sportnutstegnologie wat tans in Suid-Afrika beskikbaar is. Die hoëkapasiteitbattery van 25,4 kWh werk teen 391 volt en bestaan uit 104 batteryselle, wat ’n elektriese ryafstand van tot 142 kilometer onder toetstoestande lewer. Vir baie kliënte beteken dit dat daaglikse pendelwerk sonder om brandstof te gebruik, kafgedraf kan word. Laaibuigsaamheid het van die begin af voorkeur geniet. Die RAV4 PHEV ondersteun verskeie laaioplossings – van gerieflike tuislaai tot openbare AC- en DC-snellaai-infrastruktuur. ’n 11 kW-ingeboude laaier verminder laaitye aansienlik en elke voertuig word van laaikabels en ’n AC-muurbokslaaier voorsien, wat die oorgang na elektriese mobiliteit makliker as ooit tevore maak. DIE HEEL EERSTE RAV4 GR-S NOG Een van die opwindendste toevoegings tot die reeks is die bekendstelling van die heel eerste RAV4 in GR-S-formaat. Die GR-S, wat ontwikkel is met behulp van beginsels wat deur Toyota Gazoo Racing geïnspireer is, is veel meer as net ’n stileringspakket. Dit bied ’n meer emosionele en innemende karakter terwyl dit die soort veelsydigheid behou wat die RAV4 nog altyd gedefinieer het. Eksklusiewe buiteverbeterings sluit in ’n unieke sierrooster, kenmerkende lugdinamiese afwerking, breër glans-swart wielbooglyste, GR-kentekens, en treffende 20”-allooiwiele met rooi remknypers. Onder die oppervlak dra toegewyde skokbrekers, hersiene vere, versterkte veringkomponente, en ’n 15-mm-verlaging in ryhoogte by tot skerper reaksies en verbeterde bestuurdersbetrokkenheid. GR-ingenieurs het die vering- en stuurstelsels verder herkalibreer om groter presisie en terugvoer te lewer. Bykomende voorste en agterste dwarsbalkstutte verhoog die onderstel se styfheid, wat draaireaksie, draaistabiliteit, en algehele gedrag verbeter. Binne skep GR-sportsitplekke, allooipedale, rooi stikwerk, en eksklusiewe afwerkingsdetail ’n omgewing wat die model se verrigting- geïnspireerde persoonlikheid weerspieël. Die GR-S is ontwikkel vir klante wat presisie, styl, en ’n meer gekoppelde ry-ervaring waardeer. ’N DIGITALE-EERSTE-BINNERUIM Binne bied die splinternuwe RAV4 ’n volledig herontwerpte kajuit wat rondom die konsepte van praktiese werking en gebruik, gemak, en konnektiwiteit gebou is. Die nuwe “digitale eiland”- argitektuur integreer sleutelkontroles en skerms in ’n skoon, instinktiewe uitleg, wat ’n omgewing skep wat tegnologies gevorderd sowel as merkwaardig maklik is om te gebruik. ’n 12.3”- suiwer digitale instrumentepaneel bied verskeie vertoonmodusse en verbeterde aanpassing, wat die bestuurder in staat stel om voorkeur aan navigasie- en veiligheidsinligting, www.agribonus.co.za Spring/Summer 2026 BONUS 143

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=