SPRING SUMMER BONUS MAGAZINE 2026
Hoë opbrengs sonder om voerkwaliteit prys te gee In baie boerderystelsels moet daar ‘n balans gevind word tussen tonnemaat en voerkwaliteit. Sugargraze bied die vermoë om groot hoeveelhede biomassa te produseer sonder om smaaklikheid of voerkwaliteit in te boet. Die kombinasie van sappige stingels en sagte blare maak die gewas geskik vir: • intensiewe beweiding; • groenvoer; • kuilvoer; en • staande hooi. Hierdie veelsydigheid maak dit makliker om die gewas volgens die behoeftes van die boerderystelsel te benut. Hergroei verhoog die waarde van die gewas Sugargraze beskik oor ‘n goeie hergroeivermoë wanneer dit korrek bestuur word. Indien benutting betyds plaasvind en ‘n stoppelhoogte van ongeveer 20 tot 25 cm gelaat word, herstel die plante vinnig en produseer nuwe groei. Onder goeie benuttingsbestuur kan verskeie benuttings gedurende een groeiseisoen verkry word. Dit verleng die beskikbaarheid van kwaliteitvoer en verhoog die totale voerproduksie per hektaar. Bestuur bepaal die opbrengspotensiaal Soos met enige somervoergewas, bepaal bestuur uiteindelik die sukses van die aanplanting. Vir die beste resultate behoort boere: • te plant wanneer grondtemperature bo 16 °C is; • goed voorbereide saadbeddings of minimum-bewerkingstelsels te gebruik; • volgens grondontledings te bemes; • benutting te begin wanneer plante ongeveer 80 tot 100 cm hoog is; • voldoende stoppelhoogte vir hergroei te laat; en • beweiding van jong plante, asook benutting ná ryp of ernstige droogtestres, te vermy weens die moontlikheid van blousuur. Hierdie bestuursbeginsels help om die gewas se produksiepotensiaal ten volle te benut. ‘n Praktiese oplossing vir moderne veeboerdery Vandag se veeboerdery vereis gewasse wat nie net groot hoeveelhede voer produseer nie, maar ook betroubaar onder uiteenlopende toestande kan presteer en doeltreffend in die boerderystelsel ingepas kan word. Die kombinasie van goeie droogteverdraagsaamheid, hoë suikerinhoud, sterk hergroei, hoë droëmateriaalproduksie en veelsydige benutting maak AgroFors se Sugargraze ‘n waardevolle opsie vir boere wat meer kwaliteitvoer uit elke hektaar wil produseer. By AgroFors glo ons dat suksesvolle voerproduksie by die regte gewas én die regte bestuur begin. Daarom word kultivars onder Suid-Afrikaanse toestande geëvalueer om boere te help om met groter sekerheid gewasse te kies wat by hul produksiestelsel pas. www.agribonus.co.za Spring/Summer 2026 BONUS 27
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=