SPRING SUMMER BONUS MAGAZINE 2026

New Holland se T6000-trekkerreeks is dalk nie nuut nie, maar daar is oor tyd veranderinge en/of opgraderings aangebring wat hierdie trekkerreeks ferm gevestig hou op toptegnologievlak om ons te bring tot waar ons vandag is. Die reeks bestaan uit drie vlakke van tegnologie, naamlik DELTA, PLUS, en CLASSIC en strek van 93 to 121 kW. Die DELTA-reeks bestaan uit die T6050 (93 kW) wat die ekonomiese reeks is en beskikbaar is met ROPS of kajuit. Hierdie reeks is in 2023 opgegradeer met ’n 16x16 Electro Command- ratkas. Skakeling tussen ratte is makliker omdat geen koppelaar benodig word nie. Omrede hierdie trekker baie gebruik word om waens na die silo te sleep, veroorsaak hierdie funksie minder uitputting vir die operateur en dit spaar op onderhoudskoste. Die PLUS-reeks bestaan uit die T6070 (104 kW) -kajuittrekker en het dieselfde ratkas in as die DELTA-reeks. Hier is egter die geslotebaan hidrouliese stelsel van 113 liter per minuut met drie volledige hidrouliese koppelings. Al drie het vloeibeheer en twee daarvan is verstelbaar vir watter funksie jy ook al benodig. Ideaal vir plantwerk of enige ander hidrouliese behoeftes. Die CLASSIC-reeks sluit in die T6070 (104 kW) en die T6090 (121 kW) – dit is die hoëspesifikasiereeks met die Common rail- enjin wat toegerus is met die “boosted”-funksie in sekere applikasies. Hierdie enjin word nou elke 600 uur gediens, en nie meer elke 300 uur soos in die verlede nie – nog ’n besparing op jou instandhoudingsrekening. Die 18x6 Power Command-volkragskakelingratkas bied uitstekende werksverrigting en gemak vir die operateur. Dieselfde hidrouliese stelsel as by die PLUS-reeks doen sy werk ook hier. Twee standaard bandeopsies is beskikbaar, naamlik die 650/65R38 agter en die 540/65R28 voor, of die rygewasbande van 580/70R42 agter en die 480/70R30 voor. ’n Volle stuurstelsel is reeds toegerus en al wat jy kort is die verkose akkuraatheidsein om al jou aksies te verrig. Natuurlik het jy volle toegang tot die FieldOps-portaal waar jy jou plaas, vloot, en data kan integreer en stoor, en dit is gratis! Verskeie ander opsies is ook beskikbaar, bv. die voor-driepunt-hyser met hidroulika en PTO. Almal kom ook met premium bande en die kajuite is ruim en bied uitstekende sigbaarheid. Die driejaar/3 000-uur Service Plus -waarborg is standaard op al die T6000-trekkers en dit kan verleng word tot en met ses jaar. CNH Capital Finansiering bied ook verskeie rentekoerssubsidieplanne aan op die hele T6000-reeks, soos Prima -7% oor 24 maande met 50% deposito, of Prima -4% oor 36 maande met 35% deposito. Die 15% BTW op jou transaksie word ook gefinansier, en jy kan dit terugvorder binne drie maande. Dit verminder jou aanvanklike deposito aansienlik en versterk jou kontantvloei. Vir meer besonderhede, besoek ons webtuiste of kontak jou naaste New Holland-handelaar. Skrywer: Jaco du Preez – 082 524 8898 NewHolland T6000- trekkerreeks: drie vlakke van toptegnologie www.agribonus.co.za 34 Spring/Summer 2026 BONUS

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=