SPRING SUMMER BONUS MAGAZINE 2026
wat in Braud-masjiene gebruik word, fokus daarop om druiwe sagkens te hanteer sodat oesverliese en vrugbeskadiging tot die minimum beperk word. Braud 9090X Grape: Hoë kapasiteit, maksimumgehalte Die 9090X Grape is ontwikkel vir groot kommersiële wingerde waar spoed, kapasiteit, en oeskwaliteit van kritieke belang is. Die bekende Braud SDC-skudstelsel beskerm die wingerdstokke tydens oes terwyl die Noria- opvangstelsel die druiwe sagkens hanteer. Hierdie kombinasie verminder verliese en help om vrugkwaliteit te behou. Vir produsente beteken dit meer ton per dag, en groter gemoedsrus gedurende die kritieke oesperiode. Braud 8.50L: Toeganklike meganisasie Die Braud 8.50L bied ’n uitstekende balans tussen kapasiteit, eenvoud, en koste- effektiwiteit. Hierdie model is ideaal vir mediumgrootte wingerde wat die voordele van gemeganiseerde oes wil benut. Die kompakte ontwerp bied goeie sigbaarheid en maklike bediening, terwyl die doeltreffende oesstelsel help om oestyd drasties te verminder. Vir baie produsente is die 8.50L die ideale ingangspunt tot moderne oestegnologie. Braud 9.70L: Prestasie sonder kompromie Die Braud 9.70L is ontwerp vir produsente wat maksimum produktiwiteit verlang sonder om gehalte in te boet. Gevorderde skoonmaakstelsels verseker skoner monsters, terwyl die hoë oeskapasiteit help om groot oppervlaktes binne optimale oesvensters af te handel. Die masjien bied ook uitstekende operateursgerief, wat produktiwiteit gedurende lang skofte verbeter. Minder stilstand en meer doeltreffende oesprosesse dra direk by tot beter winsgewendheid. Die toekoms van spesialiteitslandbou Of dit nou die kompakte T3F, die kragtige TDF, die gevorderde T4FS, of die wêreldbekende Braud-druiweoesmasjiene is, New Holland bied oplossings wat spesifiek ontwikkel is vir die behoeftes van moderne vrugte- en wynprodusente. In ’n bedryf waar elke uur, elke hektaar, en elke kilogram saak maak, help hierdie tegnologie produsente om meer produktief, meer winsgewend en meer mededingend te wees. Vir Suid-Afrika se groeiende spesialiteitsgewasbedryf bly meganisasie nie net ’n voordeel nie – dit is ’n noodsaaklikheid vir toekomstige sukses. Jaco du Preez Bemarkingsbestuurder: Suider-Afrika www.agribonus.co.za Spring/Summer 2026 BONUS 49
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=