WINTER BONUS MAGAZINE 2025
Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) het onlangs in Johannesburg erkenning gegee aan sy vooruitstrewende handelaarsnetwerk by die jaarlikse nasionale Handelaar van die Jaar- toekennings. Hiér is 45 jaar se markleierskap gedenk – ’n viering van die toewyding en veerkragtigheid van ’n suksesvolle vennootskap met die Toyota-handelaarsnetwerk. Ter erkenning van die 45-jaar- vennootskapsmylpaal, het Andrew Kirby, die president en uitvoerende hoof van TSAM, opgemerk dat “45 jaar se markleierskap beteken dat Toyota Suid-Afrika Motors en sy handelaarsnetwerk ’n warrelwind van baie hoogte- en laagtepunte omhels het – iets wat vasbyt en behendigheid vereis. Wat ons uitsonder, is die Toyota-manier om dinge te doen – samewerking en die gees van Kaizen (voortdurende verbetering). Vanjaar se handelaarstoekennings is ’n merkwaardige herinnering aan wat bereik kan word as ons almal as ’n verenigde span saamwerk.” Kirby en Leon Theron, die senior visepresident van verkope en bemarking by TSAM, het die gesogte 2024 nasionale Handelaar van die Jaar-toekennings aan die volgende handelaars toegeken: 2024 Toyota Handelaar van die Jaar: Riversdal Toyota Riversdal Toyota is ’n familiegedrewe onderneming in die Wes-Kaap, wat uitsonderlike prestasie in verkope, diens, klante-ervaring, en handelsmerkleierskap lewer. Die Riversdal Toyota-ervaring word gekenmerk deur die hart agter die syfers, die kultuur agter die toonbank, en ’n mense-eerste-benadering, wat alles definieer wat dié handelaar doen. 2024 Lexus Handelaar van die Jaar: SMG Lexus Umhlanga Van die vertoonlokaal tot by die werkswinkel weerspieël elke raakpunt by SMG Lexus Umhlanga elegansie, noukeurigheid, en ’n onwrikbare verbintenis tot die buitengewone – waardes wat die Lexus-ervaring definieer. SMG Lexus Umhlanga het gelei met vernuwing, die handhawing van die hoogste standaarde, en geïnspireerde vertroue in elke besoeker wat deur hulle deure stap. Hul uitnemendheid maak Lexus nie net ’n rit nie, maar ’n bestemming. 2024 Hino Handelaar van die Jaar: Hino Kuilsrivier Hino Kuilsrivier het uitgestyg en nie net uitsonderlike prestasie op alle gebiede gelewer nie, maar ook die Hino-gees van veerkragtigheid, presisie, en trots in elke interaksie verpersoonlik. Die Hino Handelaar van die Jaar-toekenning is ’n erkenning van Hino Kuilsrivier se onwrikbare dryfkrag, toewyding tot klantediens, en ’n diepgaande begrip van wat dit verg om sakeondernemings en gemeenskappe vorentoe te laat beweeg. Toyota se Handelaar van die Jaar-toekennings – ’n viering van 45 jaar se markleierskap Winter 2025 BONUS www.agribonus.co.za 10
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=