WINTER BONUS MAGAZINE 2025
’n Waarborg wat gemoedsrus bied tydens kritieke seisoene is nou by jou naaste CNH Industrial-handelaar beskikbaar. En die beste deel? Die program word direk deur CNH Industrial onderskryf – geen derdeparty- rompslomp nie. “Hierdie waarborg help produsente om die volle waarde van hul masjiene te benut en bied gemoedsrus vir onverwagte herstelwerk, veral wanneer produksietyd optimaal moet wees,” sê Edrich van der Merwe, streeksbestuurder by CNH Suidelike Afrika. Afhangende van die Safeguard-opsie wat gekies word, is daar deurlopende ondersteuning vanaf die oorspronklike handelaar vir die duur van die verlengde waarborg. Dit help nie net om die waarde van die masjien te behou nie, maar verseker ook dat herstelwerk deur gekwalifiseerde tegnici gedoen word en die diensrekord op datum bly. Tegniese ondersteuningmet ’n langtermynvoordeel “Safeguard hou masjiene op ’n standaard wat voldoen aan vervaardigerriglyne, wat belangrik is om hul langtermynlewensduur te verseker,” sê Edrich. Die program is buigsaam – produsente kan dekking reeds by aankoop of tot in die elfde maand van die waarborgperiode byvoeg – sonder ekstra papierwerk. Voordele vir produsente Een van die groot voordele is dat Safeguard die residuele waarde van ’n masjien verhoog. “’n Masjien met ’n Safeguard-geskiedenis het dikwels ’n beter inruilwaarde. Boonop is die waarborg oordraagbaar, sodat die nuwe eienaar ook voordeel trek,” verduidelik Edrich. Met dié omvattende dekking word feitlik alle komponente (behalwe bande en rubbers) gedek. Die basiese driveline-opsie dek kernkomponente soos die enjin, transmissie, en differensiaal. “Hierdie keuses gee aan produsente buigsaamheid om hul dekking volgens gebruiksduur en behoeftes aan te pas,” sê hy. Safeguard skop dadelik in nadat die oorspronklike waarborg verval het – geen gapings nie. Die omvattende dekking sluit alle oliegedoopte komponente in en verhoed dat produsente groot herstelkoste tydens die seisoen moet dra. Kostebestuur en gemoedsrus Safeguard help produsente om bedryfskoste voorspelbaar te bestuur, terwyl masjiene in optimale toestand bly. Vanaf die 2024/25-verkoopseisoen sal stropers ook met hierdie uitgebreide waarborg beskikbaar wees – wat beplanning en begroting vir stroopseisoene vergemaklik. “Toekomstige Safeguard-pakkette sal ook ’n standaarddiensplan insluit en die waarborg sal oordraagbaar wees – ideaal vir produsente wat hul masjiene voor die einde van die waarborg wil inruil,” sê Edrich. “Dit is ’n modulêre benadering wat by verskillende boerderybehoeftes pas.” Egte onderdele, minder staantyd Onderdele wat deur CNH verskaf word, dra verder by tot gemoedsrus. Safeguard verseker dat herstelwerk gedoen word deur tegnici wat gebruik maak van egte CNH-ondersteunde onderdele – met waarborge. “Selfs al kan ’n komponent se gehalte nie meetbaar wees nie, word dit bewys deur ’n langer werksleeftyd en hoëgehalte-vakmanskap,” sê Edrich. Omdat produsente nie buite die CNH- netwerk herstelwerk hoef te laat doen nie, word staantyd verminder en verbeter dit ook beplanning en logistiek vir handelaars. Deurlopende monitering verseker optimale werkverrigting en verminder staantyd op die plaas. “Safeguard gee produsente tot die elfde maand van hul standaardwaarborg kans om opsies by te voeg – sonder rompslomp. Hulle kan dus rustig besluit watter dekking hul boerdery die beste dien,” sluit Edrich af. ’n Volwaardige oplossing Safeguard is meer as net ’n waarborg – dis ’n beleggingsinstrument. Dit help om ’n masjien se volle waarde te ontsluit, hou toerusting in toptoestand, en bied die sekerheid dat jy in selfs die mees kritieke produksietye kan vertrou op jou toerusting. Safeguard-hande hou jou toerusting veilig Met CNH Industrial se Safeguard uitgebreide waarborgprogram kan produsente hul bestaande waarborg verleng – met basiese of omvattende dekking. www.agribonus.co.za 14 Winter 2025 BONUS
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=