WINTER BONUS MAGAZINE 2025

TOP HOËDIGTHEIDBALE Deur ’n revolusionêre stap in baaltegnologie en baaluitnemendheid in die hoëdigtheid- baalsegment te neem, sal New Holland BigBaler 1290 High-Density bale produseer tot op 22% meer digtheid as standaard konvensionele balers, wat vir meer doeltreffende logistiek en vervoer sorg – ideaal vir professionele baalkontrakteurs en baalhandelaars. Tydens 2024-balertoetse teen ander vervaardigers, het die BigBaler 1290 High- Density die eerste plek bereik deur die swaarste baal te produseer met gemiddeld 635 kg teen 12% vog en 80% digtheid in lusern. Danksy die balers se kort en smal trekstang en nie-reflektiewe geel kleur, het operateurs uitstekende sigbaarheid van die 2,35 m “pick-up” wanneer daar gebaal word. Vir hoogsdoeltreffende gewasverwerking het jy die opsie van óf die CropCutter™-stelsel wat ’n beheerde snyaksie en voortreflike snywerkverrigting deur die sny van enige vrag waarborg, óf die hoëkapasiteit Packer wat vervaardig is met swaardienskomponente om duursaamheid te verseker en om by die baler se hoë deursettingsvermoë aan te pas. Die bekroonde SmartShift™-ratkas beskik oor tweespoed-inskakelingstegnologie vir gladder balerinskakeling, wat beteken dat jou trekker se dryflyn altyd beskerm word tydens balerinskakeling. Die vliegwiel is ook swaarder as op BigBaler Plus-modelle, en het ’n 16% groter deursnee van 1 080 mm wat teen 1 440 rpm loop. ’n Hoër spoed vermenigvuldig met ’n groter vliegwiel, lewer 230% meer energie as op die BigBaler Plus-modelle. Met die Loop Master™-knooptegnologie is die tweede knoop nou ’n lusstyl, wat 37% sterker is in vergelyking met ’n standaardknoop. Dit lei tot ’n verhoging van tot 26% in algehele treksterkte vir verminderde breekskade. Belangriker nog, dit skakel touafval uit – wat tans in die lande gelaat word en selfs in voer kan beland. Dit bied ’n kostebesparing van meer as ses kilometer of 46 kg tou in ’n seisoen van 10 000 bale. Die gebruikerskoppelvlak op die IntelliView™ IV- kleuraanraakskerm stel die operateur in staat om die hooffunksies vanaf die skerm te beheer, insluitend spesifieke, direkte toegang “aksie”- knoppies, wat gebruik kan word om kenmerke soos baaldigtheid, baallengte, en aftakker- aanskakeling te beheer. Die BB 1290 HD is ook toegerus met ’n stuurbare tandem-as en hidrouliese vering. Ook ingesluit is die ActiveWeigh™-skaalstelsel en die Rub pad-vogmeetstelsel. OORSPRONKLIKE INNOVASIE Die BC5060 en Hayliner 275 klein vierkantbalers laat jou toe om met selfvertroue te baal deur die beproefde syvulstelsel. Die baler strek van die trekker se regterkant om maklike monitering van die materiaaltoevoerproses moontlik te maak. Met die kategorie 6-dryflyn en hoë- energie 112 kg vliegwiel is die baler gebou om te hou en om die hoogste moontlike kapasiteit te verseker. Die BC5060 is toegerus met ’n 1,8 m “pick-up” en die Hayliner 275 met ’n 2 m “pick-up”, wat 460 x 360 mm grootte bale produseer. BEWESE MOEITELOOSHEID Die Roll-Bar 125 ronde vastekamerbaler bied getoetsde eienskappe van eenvoudige betroubare dryflyne, maklike instandhouding, en gewasbuigsaamheid wat oor die jare verbeter is om aan die behoeftes van vandag se boerderybedrywighede te voldoen. Uitstekende baalvorming in alle gewasse word verseker deur ’n vloerroller en ’n beginroller, tesame met staal rotasiestawe wat vroeë baalkernvorming en ’n positiewe rolaksie in alle gewasse en toestande tot gevolg het. Die baler kan ’n baal van 1,25 m in deursnee en 1,2 m breed produseer met ’n sagte kern om deurlugting te verseker. DEFINISIE VAN SKYFSNYERS EN SKYFSNYERKNEUSERS Die DuraDisc™ 210-skyfsnyer kan ’n breedte van 3,2 m sny en tesame met die Mowmax I™- skyfsnyerstelsel en tafelvering kan ’n spoed van 8 tot 11 km/h gehandhaaf word. Die gewilde 313 en 316 spilpunt skyfsnyer- kneusers kan onderskeidelik op ’n breedte van 4 en 5 m sny. Die gepatenteerde Mowmax II™-skyfsnyerstelsel is beide duursaam en maklik om te onderhou. Die Shockpro™-hubs absorbeer enige impak of obstruksies om die snykomponente te beskerm. Vervanging van ’n stukkende ringrat of snylemme in die veld kan ook spoedig gedoen word. Die rubber kneuserrollers is verstelbaar, afhangende van die materiaal wat gesny word en druk wat toegepas moet word vir die beste kneusprofiel. Kweek drome, oes suksesmet NewHolland-hooitoerusting Winter 2025 BONUS www.agribonus.co.za 22

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=