WINTER BONUS MAGAZINE 2025
Modelverskeidenheid New Holland Suid-Afrika bied die volgende modelle: • CR9.90 (390 kW) toegerus met 22” rotors en ’n skoonmaakarea van 6,5 m² • CR7.90 (309 kW) toegerus met 17” rotors en ’n skoonmaakarea van 5,4 m² • CR6.80 (230 kW) toegerus met 17” rotors en ’n skoonmaakarea van 5,4 m² Topmateriaalvoering Materiaalvoering word bevorder met die Dynamic Feed Roll™ (DFR) wat konstante materiaalvloei na die Twin Rotor™ verseker. ’n Kragbesparing van 7 perdekrag (5,2 kW) en ’n kapasiteitsverhoging van tot 10% word bewerkstellig en met die reguit en egalige vloei van materiaal deur die TwinPitch Rotors™, word die skoonmaakoppervlak eweredig gelaai vir optimale gewas- en materiaalskeiding. Die Dynamic Feed Roll (DFR) verseker ’n lineêre spoedaanpassing tussen die werkende modules om selfs groen en nat materiaal uitstekend te verwerk. Dit beteken boere kan vroeër in die oggend en later in die aand stroop. Die diepgesnyde spane van die DFR dien ook as klipbeskerming vir die gewasvloeikomponente. TwinPitch Rotor™ Die TwinPitch Rotor™-stelsel is ontwerp vir twee belangrike voordele: • Die rotors se hoë rasperstawe en klein rotorbuis in kombinasie met die eiervormige konkawe opening laat voldoende speling toe om ’n gewas-op-gewas-dorsaksie te gee wat baie sagter is as die gewas-op-konkaaf-dorsaksie. Die ontwerp verseker ’n doeltreffende dorsaksie, veral met hoë volume opbrengste. • Om die beste strooigehalte en brandstofverbruik te verseker, is dit uiters belangrik dat die gewas vir die regte tyd binne die stroperdorsarea moet bly – daarom is die CR-stropers toegerus met die korter 2,64 m-rotorontwerp. Met die kombinasie van die TwinPitch Rotor™ en Dynamic Flow Control™ is daar ’n aansienlike besparing op brandstof en die beste strooigehalte vir gevorderde baalgehalte. Beste-in-die-klas-skoongraanmonster Die Opti-Clean™-skoonmaakstelsel verseker optimale skeiding tussen skoon graan en ander materiaal. Die sisteem werk binne sy eie raam en kan die stelsel gelyk hou al kantel die stroper soveel as 17 grade, dus is die stroper ideaal vir beide gelyke en ongelyke werkoppervlaktes. Opti-Fan™-tegnologie kompenseer vir die swaartekrag-effek op gewasmateriaal. Wanneer die stroper op ’n gelyke vlak oes, kan die verlangde waaierspoed gekies word en dan word die waaierspoed outomaties gemoduleer wanneer daar opdraande of afdraande gestroop word. Die RotoThresh™-herdorsstelsel werk apart van die hoofdorsarea om die maksimum kapasiteit vir alle gewasse te verseker. Ná die herdorsproses word die gedorste materiaal teruggegooi op die skoonmaakarea en nie terug in die hoofdorsarea nie, wat in ruil verseker dat die hoofdorsarea by die rotors nie oorlaai word of graan beskadig nie. Die merkwaardige kajuit – jou kantoor Die stroper se kajuit is ergonomies en tog eenvoudig ontwerp. Alle funksies is maklik om op te stel met alles wat nodig is om in beheer te bly van die stroper om sodoende werk gedoen te kry met die druk van ‘n knoppie - niks meer en niks minder nie. Elke verstelling of aksie wat tydens die dorsproses benodig word, kan vinnig gedoen word, terwyl al die nodige inligting op die Intelliview IV™-monitorskerm verskyn. Van die kajuit af het die operateur ’n duidelike 180 grade-sig van die materiaalinvloei na die stroper. Die volgende generasie stropers op die horison Om na die volgende vlak van oesmasjiene te beweeg, sal New Holland die CR10 in Suider-Afrika bekendstel – besonderhede sal binnekort volg. Die Next-Gen CR10-stroper word ook bekendgestel, wat die nuutste tegnologie insluit om die totale koste van oes vir groot graanboere te verlaag en winsgewendheid te verhoog. Wees op die uitkyk vir die onthullingsbesonderhede. Met die komende stroopseisoen is die New Holland CR-stropers gereed om weer gewasse te oes met die allerbeste kwaliteit, produktiwiteit, en optimale brandstofverbruik. Vir meer inligting, besoek www.newholland.co.za of kontak Derrick Coetzee, produkbemarkingspesialis: Oes- en hooitoerusting, Suider-Afrika, by (+27) 82 524 7447 . NewHollandCR-stropers – 50 jaar van TwinRotor™-sukses! Sedert 1975 het New Holland se Twin Rotor™-stropers hulself bewys as die onbetwiste markleiers in terme van kragdoeltreffendheid, kapasiteit, en graan- en strooigehalte. Nou vier hierdie kragreuse 50 jaar van deurlopende ontwikkeling en verbeterings van die CR-stroperkenmerke met die nuutste tegnologie vir voortreflike kraglewering, werkverrigting, kapasiteit, en graan- en strooigehalte. Winter 2025 BONUS www.agribonus.co.za 38
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=