WINTER BONUS MAGAZINE 2025
TOYOTA SUID-AFRIKA MOTORS (TSAM), ’N TROTSE VENNOOT VAN GRAAN SA, WAS BEVOORREG OM AAN DIE 2025 NAMPO OESDAG – EEN VAN DIE GROOTSTE LANDBOU- UITSTALLINGS IN DIE SUIDELIKE HALFROND – DEEL TE NEEM. VANJAAR SE GELEENTHEID, ONDER DIE TEMA “GLOBALE LANDBOU, PLAASLIK”, WAS DAAROP GEMIK OM DIE PLAASLIKE BOER SE ROL IN ’N VINNIG VERANDERENDE LANDBOULANDSKAP UIT TE LIG EN DIE NUUTSTE INNOVASIE IN DIE BEDRYF TEN TOON TE STEL. Oesdaggangers het die nuutste aanbiedinge van Toyota, Lexus, en Hino in Toyotalaan ervaar. Die doelontwerpte voertuiguitstalling het onder meer van Suid-Afrika se mees geliefde sportnutsvoertuie ten toon gestel, bestaande uit ’n omvattende reeks Land Cruiser-modelle, insluitend die LC70 2.8 GD-6, die LC 300 GR Sport, en die gewilde Prado- weergawes, sowel as die ongeëwenaarde Hilux GR-S III. Die opwindende GR Yaris met sy nuwe 8-gang Sport Direct Shift outomatiese ratkas het hier sy openbare buiging vir petrolkoppe gemaak. Die Lexus LX 700h en die nuwe Lexus GX SE en Overtrail, wat onlangs bekend gestel is, was ook by Nampo 2025 en besoekers is aan Lexus se vernuwing, veelsydigheid, en weelde bekendgestel. Nampogaste het vanjaar weer die geleentheid gekry om die opwindende Toyota Urban Trax te ervaar – ’n veldry-ervaring wat daagliks by die Oesdag meer as 300 entoesiaste gelok het. Vanjaar se reeks sluit die Fortuner GR-S, die Hilux-dubbelkajuit 4x4 48V, en die buitengewone Lexus GX in. Lexus se nuwe veldry-gefokusde Overtrail- subhandelsmerk is in die LX700h en GX te sien. Die subhandelsmerke Toyota Finansiële Dienste (TFS), Toyota Versekering (TIMSA), Kinto, en Conversions and Accessories, het – getrou aan die Toyota-manier van dinge doen – opwindende pakkette aan Oesdaggangers gebied. Die Toyota-winkel het voorts ook ’n wye reeks toerusting van GR en Land Cruiser aangebied. By Hino kon gaste munt slaan uit die Hino 700 komplementêre diensplan en die Nampo 300 816 met ’n gratis valkantbak wat tans beskikbaar is. TOYOTA SUID-AFRIKA MOTORS ONDERSTEUN DIE 2025 NAMPO OESDAG Winter 2025 BONUS www.agribonus.co.za 46
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=