WINTER BONUS MAGAZINE 2025
New Holland se T7 HD-reeks is nou reeds ’n jaar in Suid-Afrika en hierdie Stage V-trekker verbaas almal met sy krag en werkverrigting. Daar is drie modelle in die reeks, naamlik die T7.290 HD (199 kW), die T7.315 HD (221 kW), en die T7.340 HD (250 kW). Hierdie eenhede is toegerus met die 6,7 liter FPT Industrial NEF-enjin wat die ECOBlue™ HI-eSCR 2-stelsel (echo Selective Catalytic Reduction) gebruik om die uitlaatgasse te verminder. Dié innoverende nabehandelingstelsel is ’n onderhoudvrye, gepatenteerde oplossing wat bedryfskoste tot die minimum beperk. Die dieseltenk het ’n massiewe 630 liter-kapasiteit, wat die stop- en staantyd om vol te maak, verminder. Die vierspoed Auto Command™ deurlopende veranderlike transmissie (CVT) dra by tot die effektiewe werking van hierdie eenheid en het ’n maksimum spoed van 40 km/uur. Die Megaflow™ hidrouliese geslotebaan 220 liter olievloei voorsien voldoende vloei saam met vyf volledige elektroniese hidrouliese koppelings en die “Power beyond”- hoëvloeikoppeling. Hierdie is om seker te maak dat die toerusting wat saam met hierdie trekkers gebruik word, effektief werk. Hyserkapasiteit is 11 058 kg by die hyserballe, met 10 305 kg op ’n afstand van 610 mm agter die balle met die 120 mm hulpsilinders. Daar is ’n opsie vir ’n voorhyser wat 6 016 kg sal optel by die hyserballe. Die kragaftakker (PTO) is ’n vierspoed wat die volgende omwentelings gee, naamlik 540, 540E, 1 000 en 1 000E. Die 1 ⅜ -as werk op al die opsies, en die 1 ¾-as word ekstra voorsien vir harde 1 000 rpm-werk. Dit is ook toegerus met die PLM Intelligence™ wat die Intelliview™ 12-skerm en SideWinder™ Ultra insluit. Die kontrole-arm kan verstel word sodat die Commandgrip™- multifunksiehandvatsel gemaklik in die operateur se hand pas. Daar is ook tien knoppies wat geprogrammeer kan word soos verkies. Dit maak dit makliker vir die operateur om effektief te werk. Tellematika is ook standaard saam met die outomatiese stuurstelsel wat oop is vir die RTK-korreksiesein. Data-oordrag is ook deel van die standaard pakket en Isobus II-koppelings is ook klaar geïntegreer en gereed om te gebruik. Terraglide™ saal-tipe vooras-suspensie is standaard saam met die Comfort Ride™ meganiese kajuitsuspensie. Die Horizon™-kajuit is die stilste in die mark, met 66dB(A). Die nuwe kajuit is ook 7,5% groter in volume, het 11% meer glas, 33% wyer toegang, en ’n 14% groter deur in vergelyking met die vorige reeks se kajuit. Daar is verskillende bande-opsies van enkel- en dubbelwiele. Beladingsgewigte word volgens jou behoefte aangepas en die maksimum gewig is ’n allemintige 16 800 kg. New Holland fokus tans vir Suid-Afrika op die T7.315 HD-eenheid en bring dit standaard in met die Blue Power-pakket. Dit sluit in die opvallende metaal-middernagblou verf, kroomroosters, silwer wiele en 3D-plakkers, ’n Blue Power-dakteken, ’n Auto Comfort™-sitplek met stylvolle Blue Power-kenteken, en ’n Blue Power-handelsmerk kajuittapyt. ’n Bluetooth-radio met vier luidsprekers en klimaatbeheerlugversorging kan alles vanaf die Intelliview™ 12-skerm of SideWinder™ Ultra beheer word. Agt LED-ligte is standaard met opsies van tot 24 ligte wat 45 600 lumens uitstraal. Die stelsel is ook gereed om kameras te koppel vir meer sigbaarheid. Die tweejaar/2 000 uur Service Plus-waarborg is standaard en diensintervalle is elke 600 uur. CNH Capital-finansiering is ook beskikbaar vanaf prima minus 3,7% (bepalings en voorwaardes geld). ’n Deposito van 20% is betaalbaar met tot en met drie jaar of 36 maande. Geen BTW kan teruggeëis word nie, want jou BTW word gefinansier vir die beskerming van jou kontantvloei. Jou eerste premie is 365 dae vir jaarlikse betalings of 60 dae vir maandelikse betalings ná ondertekening van die finansieringskontrak. Skrywer: Jaco du Preez – 082 524 8898 New Holland se T7 HD (heavy duty) -trekkerreeks: kragtige reuse, ontwerp vir die mees veeleisende take – Jaco du Preez Die gepatenteerde, geïntegreerde groot vierkantbalerbeheer-kenmerk maak dat die T7 HD en ’n groot vierkantbaler as een werk. Winter 2025 BONUS www.agribonus.co.za 56
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=