WINTER BONUS MAGAZINE 2025

Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) is ná ’n opwindende voorsprong as die amptelike voertuigvennoot by die 2025 Comrades- ultramarathon opgewonde om Gerda Steyn as sy nuwe handelsmerk-ambassadeur vir die volgende drie jaar aan te kondig. Steyn sluit haar by die Wêreldwye Span Toyota- atleteprogram (GTTA) aan. Dis ’n inisiatief wat ontwerp is om ondersteuning aan atlete in hul strewe na uitnemendheid te versterk. Die aankondiging is gemaak by die 98ste Comrades-wedloop, wat op Sondag 8 Junie 2025 beslis is en waar Steyn die eerste plek behaal het. “Toyota Suid-Afrika Motors is trots daarop om atlete te ondersteun wat vasberadenheid, veerkragtigheid, en ‘n wêreldwye sportgees verpersoonlik. Hiervoor is Toyota se vennootskap met Gerda Steyn die begin van ’n nuwe en opwindende avontuur. Ons sien daarna uit om haar by die Wêreldwye Span Toyota-atleteprogram aan te sluit om sodoende Toyota op die wêreldwye sportverhoog te verteenwoordig. Gerda se prestasies en waardes pas in by Toyota se verbintenis tot uitmuntendheid, volharding, en vernuwende deursettingsvermoë,” het Toyota Suid-Afrika se hoofbestuurder vir bemarkingskommunikasie, Tasneem Lorgat, opgewonde gesê. Steyn, ’n viermalige Comrades- ultramarathonkampioen, is een van die mees bekwame ultramarathonatlete ter wêreld en hou rekords vir die Twee Oseane- ultramarathon (ses keer) en die Comrades- ultramarathon se afdraande- en opdraande- roetes. Steyn, ’n gekwalifiseerde bourekenaar, se drafloopbaan het in 2015 by die Comrades- ultramarathon begin waar sy in die 56ste posisie geëindig het. Tien jaar later toon haar prestasie haar Kaizen-gees en positiewe vegter-etos wat steeds die perke uitdaag. As deel van haar ambassadeurskap sal Steyn met ’n Toyota Fortuner ry – ’n voertuig met ’n avontuurlustige gees in pas met hare. Oor haar aanstelling het Steyn entoesiasties gesê: “Toyota het geen bekendstelling nodig nie en is al jare lank ’n betroubare voertuighandelsmerk in Suid-Afrika. Om Toyota as baanbreker en ’n leier in die motorbedryf te verteenwoordig, is ’n massiewe eer. Ek sien uit na hierdie langtermynvennootskap met ’n naam wat kop en skouers bo die res uitstaan. Ek voel waarlik trots om ’n Toyota- ambassadeur te wees en sien uit na die talle kilometers wat ons saam tussen oefening, wedlope, en pendel in die jare wat kom, sal deurbring.” Steyn se aanstelling bevestig Toyota se erfenisverbintenis om sport as ’n instrument vir nasiebou en sosiale samehorigheid te ondersteun – waardes wat sterk gekoppel is aan sy geskiedkundige 21-jarige ondersteuning van die Comrades- ultramarathon. Ons by Toyota Suid-Afrika Motors glo in die krag van sport om positiewe verandering te skep. Besoek gerus Toyota Community Sponsorships | Toyota South Africa vir nog inligting oor Toyota se handelsmerkvennootskappe. Toyota Suid-Afrika kondig ultramarathonkampioen Gerda Steyn as nuwe Wêreldwye Span Toyota- atleet aan www.agribonus.co.za 62 Winter 2025 BONUS

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=