WINTER BONUS MAGAZINE 2026

Vereenvoudigde en versterkte modelreeks Die jongste opdatering sit die strategiese evolusie van die Land Cruiser 70-reeks voort, met ’n duidelike fokus op die vaartbelyning van modelweergawes en die verbetering van toeganklikheid tot moderne kragbronne. ’n Belangrike verandering is die staking van die V8-dieselenjin van 4.5-liter in die bakkieweergawes, waarvan die produksie verlede jaar tot ’n einde gekom het. In plaas daarvan het Toyota die aanbod van sy bewese GD-turbodieselenjin van 2.8-liter uitgebrei – in reaksie op klante se vraag na verbeterde doeltreffendheid en verfyning – terwyl die krag, betroubaarheid, en vermoë wat sinoniem is met die Land Cruiser-naamplaat, behoue bly. Die bekendstelling van die Land Cruiser 79 2.8 GD-dubbelkajuit met ’n handratkas bied ’n oortuigende kombinasie van doeltreffendheid, beheer, en duursaamheid, wat klante se keuse verder verbeter. Die Land Cruiser 70-reeks word steeds in drie kern-rompstyle aangebied om by ’n wye reeks gebruike te pas: Die enkelkajuit (wat vir swaar kommersiële en vlootgebruik ontwerp is), die dubbelkajuit (wat werkeselvermoë met passasiersveelsydigheid kombineer), en die stasiewa (die robuuste veldry- sportnutsweergawe). Beproefde kragbronne Die opgedateerde reeks bied steeds ’n verskeidenheid betroubare enjins wat geskik is vir klante se uiteenlopende behoeftes en gebruiksomgewings. Die reeks sluit ’n vierliter-V6-petrolenjin en ’n turbolose dieselenjin van 4,2 liter vir sekere uitgesoekte modelle in, tesame met die GD- turbodiesel van 2,8 liter, wat as handrat- en outomatiese weergawes beskikbaar is. Die 2,8 GD-enjin bied 150 kW se kraglewering, met sy wringkrag wat op tot 500 Nm in outomatiese weergawes en 450 Nm in handratmodelle beskikbaar is. Dit verseker sterk werkverrigting in verskillende gebruikstoestande – van die werkplek tot langafstandritte en www.agribonus.co.za Winter 2026 BONUS 107

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=