WINTER BONUS MAGAZINE 2026
Rygewasproduksie en die druk van wins- gewendheid Dit is ‘n algemene feit dat die meeste van ons produsente se winsgewendheid met verskeie rygewasse onder druk is. Daar is soveel stemme daar buite wat elkeen verklaar dat hulle die antwoord op beter opbrengs en winsgewendheid het. Wie glo ons? Hoe neem ons besluite wat nie gegrond is op opinies of wetenskaplike teorieë nie, maar op feite en data? By Laeveld Agrochem vra ons gereeld vir mekaar die vraag: Wat is regtig die moeite werd om te doen en wat raai ons maar omdat ons té min inligting het vir goeie besluite? In die rygewasafdeling is ons al drie jaar lank ekstensief besig om antwoorde te soek oor hoe om konstant oor verskeie lokaliteite ‘n goeie opbrengs op belegging te lewer. Dit is vir ons belangrik dat ons hierdie oplossings met integriteit aan produsente en onsself bied. Die data word by produsente versamel oor verskeie lokaliteite en jare met heel- wat herhalings en groter proewe om meer geloofwaardige data te versamel. Die koste van produkte teenoor die stroper wat praat, bepaal ons rygewasstrategie. Ons gebruik dus opbrengs en winsgewendheid as maatstawwe en nie fisiese veranderinge of wat ons met die oog kan sien nie. Dit vat egter tyd en is ‘n voortdurende proses van leer en aanpas. Wat ook in die weste se sande werk is nie noodwendig die ooste se wenresep nie. Ons moet dus baie versigtig wees om nie té gou dinge net aan te neem sonder om dit deeglik te toets nie. In die proses het ons gou geleer wie van ons verskaffers praat dieselfde taal en het werklike data om bewerings te staaf. Hierdie is ‘n holistiese benadering wat die grond, presisiedienste, onkruiddoders, swam- doders, insekdoders, en voeding insluit. Winter 2026 BONUS www.agribonus.co.za 20
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=