WINTER BONUS MAGAZINE 2026

George Prinsloo Hoof van Gewasbeskerming: Jaargewasse Laeveld Agrochem Niks van die aspekte kan suksesvol wees sonder goeie bestuur, toerusting, en toe- diening nie. Winsgewendheid is ook altyd ‘n kombinasie van verskeie faktore. Dit help nie ek wen R500 deur beter prysbedinging, maar verloor R2 000 met ‘n swak planter nie. Elke boerdery het sy unieke uitdagings en ons kan dus ook nie die antwoorde kry deur in ‘n kantoor programme slegs op hul pryse te beoordeel nie. Die voete in die veld, land vir land, met inagneming van alle veranderlikes, moet in berekening geneem word. Die Laeveld Agrochem-proses Voordat ons begin het met enige van ons proewe het ons die voorreg gehad om te gaan kers opsteek by verskeie organisasies en produsente in Amerika. Party van hulle doen al vir 16 jaar statistiese proewe oor verskeie lokaliteite en veral die universiteite help met baie goeie data en inligting. Ons het meer oor hul beginsels geleer, maar moes alles hier self kom toets omdat ons heeltemal ander grond en omstandighede in Suid-Afrika het. In die rygewasse is die chemiese en fisiese versoenbaarheid van verskeie aktiewes en voeding geweldig belangrik omdat baie goed saam in ‘n tenk moet bygevoeg word as die spuit loop. Die eerste filter was dus om met produkte te gaan wat die regte registrasies het asook die effektiwiteitswerk gedoen het om te verseker dat as ek byvoorbeeld voeding bysit, dit nie die werking van my glifosaat of insekmiddel beïnvloed nie. Dit is wêreldwyd bekend dat vrye sink, mangaan, magnesium, en kalsium in die spuittenk die werking van glifosaat byvoorbeeld direk beïnvloed. Die pH van die spuitmengsel, en hoe verskeie voeding of ander aktiewes dit beïnvloed is van ongelooflike belang by die keuse van mengmaats. Die verkeerde pH kan die werking van chemie drasties beïnvloed. Dit was dus ‘n vereiste vir die keuse van produkte in proewe dat ons oortuig is dat dit nie enige chemiese werking negatief beïnvloed nie. Tydens ons opbrengsproewe is dit ook duidelik uitgewys waar party voeding by chemie vir ons opbrengsverlaging gegee het alhoewel daar geen fisiese onversoen- baarheid in die mengtenk was nie. Die opbrengsverlaging was ook nie met die oog sigbaar op die gewas nie, slegs die stroper het die werklike verhaal vertel. Net so ook het sekere voeding in tenkmengsels die nawerking en effektiwiteit van swam- en insekmiddels beïnvloed. Daar is al baie navorsing hieroor in die wêreld gedoen en vaste beginsels kon gebruik word as filter vir ons vennote op soek na antwoorde. >> 21 Winter 2026 BONUS

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=