WINTER BONUS MAGAZINE 2026

Vir meer inligting, kontak vir George of jou naaste Laeveld-verteenwoordiger. 5. Die segmente wat ons die afgelope tyd sterk ondersoek het en wat ‘n konstante opbrengs op belegging gee, is die “ in-voor”-segment (opkoms, stand, en gesonde saailinge), die “yield drag”-segment (korrek geregistreerde produkte saam met onkruiddoder om gewasse te help) en ook droogte- en hittestressegment. Ons vat die reeds beproefde beste opbrengs onkruiddoder- programme en bou daarop. Oor die laaste drie jaar kon ons selfs op ‘n 3 ton oes konstant 1,5 ton bysit vir R450 se belegging met die strategie. Dit is komplimentêr tot goeie swammiddels en insekmiddels waar nodig. Die strategie en data verskil egter heelwat tussen gebiede, grondtipes, en opbrengspotensiaal. Ons leer konstant en sien uit na dit wat ons ook in hierdie komende seisoen by verskeie produsente gaan leer. 6. Daar is nie ‘n plaasvervanger vir goeie implemente soos planters, spuite, en stropers nie. Ek kan die beste in-voor- produk gebruik, maar as ek nie hou by die aanbevole dosis, of die planter nie die stand gee nie, gaan ek altyd teleurgestel word en aannames maak oor produkte. Ons het byvoorbeeld in die Wes-Vrystaat se sande met 30 liter water in die voor teenoor 100 liter water in die voor, groot opbrengsverskille gekry, ten spyte van dieselfde dosis in-voor-produk. Water- volume maak dus ‘n verskil. 7. Toets jou water . Die waterbronne wat ons gebruik om aktiewes te spuit, verskil drasties oor plase en boorgate. Ons sien veral die laaste paar jaar dat waterkwaliteit baie afneem. Die regte geregistreerde ammoniumsulfaat teen die regte dosis dra drasties by tot effektiwiteit. ‘n Buffer is soms die maak of breek in enige spuitmengsel. 8. Wees baie versigtig om met emosies of met wat jy sien besluite te neem. In sommige van ons proewe het die mielies wat byvoorbeeld die beste en mooiste gelyk het tot ‘n ton swakker gestroop as mielies wat nie so goed vertoon het nie. Jou insette teenoor die stroperdata is wat die rekeninge betaal en jou laat vooruitgaan. Jy moet weeg om te weet. Die manier waarmee ons data versamel, asook genoegsame herhalings oor tyd, bou selfvertroue om die regte aanbevelings te maak. Die aanbevelings gaan altyd groei soos nuwe produkte op die mark verskyn en soos ons meer leer. www.agribonus.co.za Winter 2026 BONUS 23

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=