WINTER BONUS MAGAZINE 2026

Wat het ons sovêr geleer? 1. Moenie aannames maak dat ver- skillende aktiewe of chemie saam met voeding sal werk nie. Alhoewel verskeie vervaardigers baie bewerings maak van versoenbaarheid het ons duidelike antagonisme gesien met sekere produkte. Meer is nie noodwendig beter nie. Daar was blaarvoeding in ons proewe waar minder gram per hektaar baie beter opbrengste gelewer het omdat produkte mekaar komplimenteer. Ons het ook gesien dat waar twee produkte op hul eie baie goeie resultate lewer, hulle saam nie noodwendig beter resultate gee nie. Sojaboonentstof word ook direk beïnvloed deur tenk- of ander byvoegings. Moenie aanneem dit sal saam werk nie. 2. Chemie se “hardheid” op ‘n gewas verskil drasties tussen produkte. Soms het die skoonste lande die swakste opbrengs gelewer, as gevolg van die hardheid van die aktiewe op ‘n gewas wat baie meer energie moes gebruik om dit te metaboliseer. Ons het in verskeie proewe tot oor die 1 ton verskille gekry tussen verskillende formulasies en chemiese aktiewes. Omdat ons opbrengs en winsgewendheid as hoofmaatstaf gebruik, sien ons verskille wat ons voorheen op slegs effektiwiteit beoordeel het. 3. Produkte wat in die opbrengsproewe bo eindig, het nie noodwendig die beste opbrengs op belegging nie. Om die hoogste winsgewendheid te bereik, moet jy ‘n balans handhaaf tussen die hoeveelheid geld en tyd wat jy spandeer. Jy kan nie al jou geld net op een segment spandeer in die verwagting dat een enkele faktor die antwoord is nie. Elke vervaardiger in die landbou probeer jou altyd oortuig dat hul produk die sogenaamde “silwer bullet” is. Elke aspek of segment dra egter by en moet geprioritiseer word op grond van opbrengs op belegging. 4. Waar ons in die verlede produkte suiwer beoordeel het op grond van hul effektiwiteit in terme van ‘n probleem, plaag, of pes, begin ons al hoe meer die opbrengsdata van die gewas, asook die opvolggewas gebruik as maatstaf. Soms haal ek byvoorbeeld in koring ‘n onkruid sterk uit, maar verloor meer in die opvolggewas oor die hardheid of onttrekking van die aktief. Alles gaan oor balans en interaksies om langter- mynwinsgewendheid te verseker. Winter 2026 BONUS www.agribonus.co.za 22

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=