WINTER BONUS MAGAZINE 2026
Biostimulante: ‘n Tegnologie in wording In ‘n tyd waar insetkoste styg, klimaatstres toeneem, en produsente elke randmoet laat tel, groei die behoefte aan tegnologie wat meer doen as net voed of beskerm. Tradisioneel het gewasproduksie op twee pilare gerus: gewasbeskerming en plantvoeding. Vandag ontwikkel ‘n derde pilaar vinnig, naamlik biostimulante. Maar wat presies is ‘n biostimulant en belangriker: wanneer werk dit regtig? Biostimulante in ‘n Suid-Afrikaanse konteks In Suid-Afrika word biostimulante onder Wet 36 van 1947 as Groep 3-misstowwe geklassifi- seer. Die definisie daarvan heet die volgende: “‘n Groep 3-misstof is ‘n natuurlike of sintetiese substans of organisme(s) wat die groei of opbrengs van plante verbeter of die fisiese, chemiese, of biologiese kondisie van die grond bevorder. Dit sluit seewier, organiese sure, bio- kunsmis, plantgroei bevorderende riso-bakterie, kunsmisbedekkers (fertiliser coatings) , en vog- absorberende produkte in.” (4) Talle wetenskaplike studies oor die jare het die potensiaal van biostimulante getoon om gewasproduksie te ondersteun, klimaatverwante stres te verlig, en soutstres te mitigeer. (1,2,6) Die tipe aktiewe bestanddele wat verskillende biostimulante gebruik, bepaal watter effekte ná aanwending verwag kan word en ook die sterk- en swakpunte van die produk. Biostimulante kan uit lewende mikro-organis- mes bestaan of uit nie-lewende komponente van natuurlike herkoms. Figuur 1 verwys na ‘n basiese uiteensetting van die tipes biostimulante wat in landbou benut word. ‘n Dinamiese biostimulantmark Uit markdata wat gedurende 2025 gepubliseer is, word daar beraam dat tot en met 350 maatskappye wêreldwyd aktief in die biostimu- lantmark handel dryf. (8) Met soveel rolspelers wat met mekaar meeding, kan afgelei word dat die biostimulantmark in ‘n stewige groeifase is en dat dit voordelig vir maatskappye is om in dié tegnologie te belê. Afhangend van die bron van markanalises is beramings dat die globale biostimulantmark ‘n kumulatiewe groeitempo van tussen 8,7% en 12,1% jaarliks toon en kan teen 2030 rondom USD 9,5 miljard werd wees. Winter 2026 BONUS www.agribonus.co.za 66
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=