WINTER BONUS MAGAZINE 2026
Figuur 1: Tipes biostimulante verdeel volgens lewende en nie-lewende aktiewe bestanddele (hierdie lys bied slegs ‘n breedvoerige oorsig en is nie beperkend nie). (1,5,6) Jaco Marais (Pr.Sci.Nat.) Besigheidsbestuurder: Plantvoeding, Laeveld Agrochem Impak van biostimulante op plaaslike vlak Alhoewel die Suid-Afrikaanse markinligting vir biostimulante nog taamlik beperk is, is aan- duidings dat dit ongeveer ‘n 14,4% kumulatiewe jaarlikse groeitempo toon en teen 2030 die R1 miljard-kerf kan oorskry. (7) Oor tyd sal Suid-Afrikaanse data verbeter en meer akkuraat wees. Vloeistofformulasies is tans die meer populêre opsie teenoor vaste-draers, met seewier- en aminosuur-gebaseerde produkte wat die voortou neem. Mikrobiese produkte is besig om groei in die mark te toon. (7) Negatiewe persepsies oor biostimulante Daar word beduidende klem op die voordelige werking van biostimulante op gewasse geplaas, ongelukkig ook met sekere aansprake wat tot persepsies as wondermiddels mag lei. Wanneer hierdie aansprake tot buitensporige effektiwiteit nie realiseer nie, lei dit tot ‘n per- sepsie dat meeste of selfs alle biostimulante as “verdag” beskou word. Die nadeel hiervan is dat goed-nagevorste, hoë-gehalte biostimulante wat meer konsekwente werking toon se reputasie daaronder lei. Navorsing wat einde 2025 gepubliseer is, het ‘n aantal lewende mikrobiese biostimulante oor 103 persele in 22 state van die VSA op sojabone getoets waar dit oor twee seisoene as saadtoedienings tydens plant aangewend is. Die resultate in terme van bevordering in opbrengs was teleurstellend. >> 67 Winter 2026 BONUS
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=