WINTER BONUS MAGAZINE 2026

Weerstand teen insekdoders Landbou het vir dekades lank staatgemaak op chemiese plaagdoders omgewasse te beskerm. Oor die laaste 20 jaar het die ontwikkeling van biologiese plaagdoders egter aansienlik toegeneem. Die skatting is dat die globale biologiese plaagdodermark sal groei van $8,5miljard in 2024, tot $36,9 miljard in 2033. Ten spyte van hierdie groei in biologiese beheer, bly chemiese plaagbeheer krities belangrik inmoderne landbou om voedselsekuriteit te verseker. Die aantal beskikbare chemiese plaagdoders het oor die laaste jare drasties afgeneem. Regulatoriese vereistes vir nuwe chemiese plaagdoders word al strenger, wat beteken dat al minder nuwe aktiewe bestanddele die mark bereik. Dit het tot gevolg dat produkte baie langer neem om te ontwikkel en verhoog die koste daarvan. Baie lande, insluitend Suid-Afrika, het ook reeds die Globaal Geharmoni- seerde Stelsel vir die klassifikasie en etikettering van chemikalieë (GHS) geïmplementeer. Hierdie stelsel beklemtoon die toksikologiese gevare van plaagdoders en het indirek gelei tot die uitfasering van baie van die bestaande middels tot boere se beskikking. ‘n Ander belangrike faktor wat chemiese plaagdoders vinnig verminder, is die ontwikkeling van weerstandbiedendheid. Insekdoders, swamdoders, en onkruiddoders word almal hierdeur geraak. Vir die doel van hierdie artikel word hoofsaaklik op insekdoders gefokus. Weerstand teen ‘n insekdoder kan gedefinieer word as mislukte beheer van ‘n insek- of mytpopulasie, al word die bepaalde insekdoder herhaaldelik, volgens etiketaanbevelings en onder die regte toestande toegedien. Die laaste deel van hierdie definisie is baie belangrik, aangesien baie ander faktore die sukses van ‘n toediening kan beïnvloed. Produsente vermoed dikwels weerstand, terwyl swak toediening die grootste oorsaak van onvoldoende beheer is. Winter 2026 BONUS www.agribonus.co.za 94

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=