WINTER BONUS MAGAZINE 2026
Weerstand is nie ‘n nuwe probleem nie. Die eerste rekord daarvan is reeds in 1914 in die tydskrif, Journal of Economic Entomology, gepubliseer. In die daaropvolgende 32 jaar is ‘n verdere 11 gevalle van weerstand teen insekdoders aangeteken. Tydens die tweede helfte van die 20ste eeu, is die bekendstelling van amper alle nuwe insekdoders gevolg deur gevalle van weerstand binne 2 tot 20 jaar nadat ‘n produk in gebruik geneem is. Wêreldwyd is daar nou reeds meer as 500 insek- en mytspesies wat weerstandig is teen een of meer insekdoders. Meganismes wat aanleiding gee tot insekdoderweerstand In ‘n insekpopulasie is daar individue wat in staat is om die toediening van ‘n spesifieke insekdoder te oorleef as gevolg van mutasies in hul DNS. Langdurige en gereelde blootstelling aan die bepaalde insekdoder selekteer vir sulke individue en oor tyd kan hul nageslag die populasie heeltemal oorneem wat aanleiding gee tot ‘n plaagpopulasie wat weerstandbiedend is teen die hele insekdodergroep. Riaan Maartens Besigheidsbestuurder, Laeveld Agrochem Metaboliese weerstand – dit behels die detoksifikasie of afbraak van die insekdoder deur ensieme of die vermoë om die insekdoder vinnig uit te skei. Hierdie is die mees algemene meganisme van weerstand. Die ensieme verantwoordelik in hierdie proses het dikwels ook ‘n breë spektrum, wat hulle in staat stel om verskeie insekdoders, met verskillende metodes van werking, oneffektief te maak. Veranderde teikenweerstand – hierdie is die tweede mees algemene vorm van weerstand. Dit behels ‘n verandering in die struktuur van die reseptor of ensiem waaraan die insekdodermolekuul moet bind met die gevolg dat beheer nie meer verkry word nie. Penetrasieweerstand – word veroorsaak deur ‘n verandering aan die insek se kutikula wat tot gevolg het dat die insekdoder nie maklik opgeneem kan word nie. Hierdie meganisme van weerstand kom selde alleen voor en word dikwels gekombineer met ander meganismes. Gedragweerstand – waar ‘n verandering in insekgedrag veroorsaak dat die insek nie meer genoegsaam in kontak kom met die insekdoder nie. Die insek sal byvoorbeeld ophou voed en die plant of area verlaat wanneer dit die insekdoder waarneem. >> Meganismes wat weerstand in insekte kan veroorsaak www.agribonus.co.za Winter 2026 BONUS 95
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=