BONUS MAGAZINE AUTUMN 2025
Inleiding Sekere insekplae, soos die Suid-Afrikaanse sitrusblaaspootjie ( Scirtothrips aurantii Faure ) (Thysanoptera: Thripidae) of “blaaspootjie” is ‘n ernstige bedreiging vir die produksie- potensiaal van gewasse en die bemarkbaarheid van landbouprodukte. Noukeurige strategieë word vereis ten einde die effektiewe beheer en bestuur daarvan onder die skade- en ekonomiese drempelvlakke te verseker. Blaaspootjie kan geweldige ekonomiese skade veroorsaak deurdat hulle monddele die plantselle deurboor om sap te onttrek, wat kosmetiese skade asook virusinfeksies kan veroorsaak. Die implementeringskoste, gekoppel aan die effektiewe bestuur van die plaag, kan ‘n beduidende deel van die produsent se totale gewas- beskermingsbegroting uitmaak. Vanweë die ekonomiese impak, is dit van kritieke belang dat die gewasbeskermingsprodukte wat toe- gedien word, optimaal effektief moet wees. Insekvoeding-stimulering Verskeie studies het die noodsaaklikheid van sekere chemikalieë soos suikers, aminosure, en proteïene gerapporteer, vanweë die feit dat hulle óf as stimulant óf as afskrikmiddel op insekvoeding impakteer. Die chemikalieë wat insekvoeding stimuleer (fagostimulante), bind aan sekere reseptore (fagostimulatoriese selle) tydens voeding en verhoog die voedingsintensiteit. Hierdie reseptore is in alle bestudeerde plantvoedende insekte gevind en die verwagting is dat hulle universeel teenwoordig is en as instrument deur insekte gebruik word om tussen voedselbronne te onderskei. Rol van suikergebaseerde byvoegmiddels Sommige insekdoders wat vir die beheer van blaaspootjie gebruik word, maak grootliks staat op ’n maagaksie van die insek en die effektiwiteit van die doder word ontsluit deur inname daarvan deur die insek. Wanneer suiker - met genoemde voeding- stimulanteienskappe – by sekere insekdoders gevoeg en saam gespuit word, kan dit die in- name van die insekdoder en suikermengsel deur die insek aansienlik verhoog en so ‘n vinniger, meer verreikende en effektiewe impak tot gevolg hê. Omgekeerd, kan swak voedingsaktiwiteit deur die teikenplaag lei tot die onvoldoende inname van die aktiewe bestanddeel en derhalwe swak plaagbeheer tot gevolg hê. Vir die toediening van sekere gewasbesker- mingsprodukte word aanbeveel dat wit riet- suiker by tenkmengsels van lokbespuitings gevoeg word om voordeel te trek uit die voedingstimulanteffek. Meer effektiewe plaagbeheer laat ‘n soet smaak in die mond ’n Blaaspootjie-instar op ’n suurlemoenvrug langs die kelk-area (verwyder). Skade is duidelik sigbaar. Autumn 2025 BONUS www.agribonus.co.za 16
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=