BONUS MAGAZINE AUTUMN 2025

Konvensionele wit rietsuiker bied egter verskeie uitdagings, insluitend enkelsuiker (sukrose)- samestelling, risiko van diefstal, uitdagings met betrekking tot die berging daarvan, asook moontlike kontaminasie tydens berging. Die oplossing: SUGAR RUSH™ SUGAR RUSH™ is ‘n unieke, hoëkonsentrasie- mengsel van fagostimulant-natuurlike suikers, insluitend fruktose en sukrose. Dit dien as ‘n kragtige voedingstimulant wat saam met toepaslike gewasbeskermingsprodukte toegedien kan word. Die toediening van SUGAR RUSH™ saam met relevante maagaksie aktiewe bestanddele, verbeter die doeltreffendheid van toedienings deur ‘n verhoogde voedingsintensiteit by teikenplae te stimuleer, wat lei tot die vinniger inname van maagaksie insekdoders. Vir optimale effektiwiteit beveel Agri Techno- vation aan dat 200 ml SUGAR RUSH™ per 100 liter water toegedien word waar toepaslike insekdoderetikette ‘n addisionele 200 g wit rietsuiker vir lokbespuitings spesifiseer. SUGAR RUSH™ verminder die risiko’s wat met die gebruik en berging van wit rietsuiker geassosieer word, insluitend dié wat verband hou met diefstal, die stoor daarvan in chemiese winkels en moontlike verbruik ná kontaminasie. SUGAR RUSH™ 900 g/liter-konsentrasie °Brix = 80 (onverdunde produk) Veelvuldigesuikersamestelling Maklik om te vermeng en toe te dien Gevolgtrekking Die handhawing van maksimum doeltreffendheid van toegediende gewasbeskermings- produkte is ‘n belangrike stap in die optimalisering van plaagbestuurstrategieë, tesame met die korrekte tydsberekening van toepassings en monitering en implementering van GPB (geïntegreerde plaagbestuur). Dit is veral belangrik in die geval van peste soos blaaspootjie, waar die nadelige impak op opbrengs en winsgewendheid verwoestend kan wees. Die gebruik van SUGAR RUSH™ as ‘n voedingstimulant, saam met relevante maagaksie- produkte, kan plaagbeheer aansienlik verbeter en die doeltreffendheid van hierdie toe- dienings, wat ‘n groot deel van die gewasbeskermingsbegroting uitmaak, positief beïnvloed. Dr. Jeanne de Waal Besigheidsbestuurder, Laeveld Agrochem Allan Huysamen, Besigheidsbestuurder: Byvo gmiddels, Agri Technovation Dr. Ernst de Be r, Besigheidsbestuurder, Laeveld Agrochem www.agribonus.co.za Autumn 2025 BONUS 17

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=