BONUS MAGAZINE AUTUMN 2025
Diamant indie rof vir fynwerk Die Kelly Diamond-kettingdis is ’n duursame, veelsydige implement wat produsente nie net help om insetkoste te bespaar nie, maar meer doeltreffende grondbewerking moontlik maak. Die Kelly Diamond-kettingdis, ontwerp vir ligter grondbewerkings, bied ’n koste-effektiewe oplossing om nie net bogrond los te maak nie, maar ook onkruid te breek en te pers en sodoende die afbreking van materiaal te verbeter, terwyl dit bydra tot vogbewaring in die grond. Die kettingdis, wat afkomstig is uit Australië en plaaslik deur NMI gemonteer en bemark word, is bekend vir sy unieke diamantvormige raam en lae-impak-diskettings wat verskeie voordele aan die produsent bied. “Die Kelly Diamond-kettingdis bied ’n vlakker bewerking, met die swaarste ketting wat tot op ’n diepte van 50 mm werk. Bekend as die nuttigste implement op die plaas, kan die Kelly-kettingdis verskillende bewerkings uitvoer, insluitend onkruidbeheer – waar onkruid met wortels en al uit die grond gehaal word en chemiese beheer dus verminder word, voorplantsaadbedvorming plaasvind, en ook om oesreste te bewerk. Die Kelly Diamond kan ook gebruik word om fynsaad te plant met ’n strooier wat op die implement gemonteer word, waarna die masjien die saad toestoot,” sê André Olwagen, hoof van taktiese bemarking by Case IH en NMI. Die Kelly Diamond-kettingdis is beskikbaar in verskillende wydtes, vanaf vier meter, tot nege meter en 12 meter. “Indien die behoefte daar is vir wyer werkswydtes, soos die 18 m- of 24 m-kettingdis, is daar ook die opsie om die implement deur NMI te bestel,” sê André. Die Kelly Diamond-kettingdis is ’n eenvoudige, maar uiters duursame implement met ’n vierjaarwaarborg op die raam, verduidelik Daniel Dames, besigheidsbestuurder van NMI. “Dit is kinderspeletjies om die implement in te stel, met Kelly wat verskeie video’s op YouTube geplaas het om stap-vir-stap die instelproses te verduidelik. Slegs ’n paar verstellings op die implement is nodig, dan fisies op die kettings en laastens die spanning op die ketting, waarna die masjien gereed is om te werk. Dit is belangrik dat wanneer daar na die ketting gekyk word nadat die masjien opgestel is, die eerste twee skottels in die lug moet wees, met die derde wat die grond raak. Wanneer die dis dan gesleep word, maak al die skottels kontak met die grond. Die diamantvormige masjien beteken dat die voorste skottels materiaal na binne gooi en die agterskottels materiaal na buite gooi,” sê hy. Onderhoud is ook maklik en betroubaar met slegs die spanning op die kettings wat korrek moet wees, terwyl die laers op die implement plaaslik beskikbaar is en ook op die plaas, sonder spesiale gereedskap, vervang kan word. “Dit is werklik ’n indrukwekkende masjien met ’n doeltreffende ontwerp sonder fieterjasies en minimum slytasie. Afhangende van die keuse van skottels, behoort die standaardskottels tussen 7 000 en 12 000 ha se bewerkings voor vervanging te hanteer, terwyl die gietysterskottels tot 25 000 ha lank kan hou, afhangende van grondtoestande en onderhoud,” sê André. Nog ’n voordeel wat die Kelly Diamond- kettingdis bied, is vogbesparing, veral waar dekgewasse geplant is. “Instede van dekgewasse doodspuit, kan chemie bespaar Autumn 2025 BONUS www.agribonus.co.za 24
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=