BONUS MAGAZINE AUTUMN 2025

Die Suid-Afrikaanse landbousektor lewer ‘n onontbeerlike bydrae tot die land se ekonomie. Ons vrugtedraende gewasse - wat noodsaaklik is vir plaaslike verbruik, maar ook veral vir die uitvoermark - het ’n beduidende uitwerking op Suid-Afrika se rol en teenwoordigheid op die wêreldmark. Hierdie winsgewende gewasse is kwesbaar vir die aanslae van peste en plae, en om hierdie rede is die waaksame oë van goed opgeleide verkenners ’n broodnodige faset van die landboubedryf. Doeltreffende monitering is deurslaggewend vir die instandhouding van gesonde gewasse. Dit verseker optimale oeste en speel ’n onmis- bare rol in die behoud van die ekonomiese lewensvatbaarheid van boerderybedrywighede in ‘n kompeterende internasionale mark, waar pesvrye vrugte van topkwaliteit, ‘n ononder- handelbare vereiste is. Verder is dit van groot belang dat ons pro- dusente nougeset voldoen aan die streng internasionale fitosanitêre vereistes, ter wille van die behoud van Suid-Afrika se uitstekende reputasie as ’n betroubare verskaffer. Gereelde monitering en noukeurige verken- ning verseker dat slegs pesvrye vrugte van ‘n hoë gehalte uitgevoer word, en voorkom dat vrugte teen groot verlies afgekeur word. Op dié manier word Suid-Afrika se toegang tot wins- gewende uitvoermarkte doeltreffend bewaak. Die rol van verkenning ter wille van plante se gesondheid Verkenning (in Engels “scouting”) word ook soms “monitering” genoem, en behels die inspeksie van lokvalle asook die gereelde inspeksie van gewasse vir peste, siektes, en stresfaktore – ‘n taak waarvoor óf een goed opgeleide persoon óf ‘n span verkenners aanspreeklik is. Hierdie kundiges staan bekend as “scouts”, of dan “verkenners”. Verkenning word as die hoeksteen van geïntegreerde plaagbestuur beskou. Verkenning is die een deurslaggewende faktor wanneer ingeligte en akkurate besluite oor die bestuur van peste en plae geneem moet word. Verkenning kan egter nóg ‘n stap verder gaan deur ook verslag te doen oor ander belang- rike kwessies rakende ons vrugtegewasse, byvoorbeeld ‘n tekort aan voedingstowwe of ‘n gebrek aan water of ander stresfaktore. Die belangrikheid van monitering Autumn 2025 BONUS www.agribonus.co.za 28

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=