BONUS MAGAZINE AUTUMN 2025

Om werklik doeltreffend te wees moet verken- ners die volgende doelwitte bereik, naamlik om peste en siektes so vroeg as moontlik op te spoor, nog voordat daar bepaal word watter pes of siekte ter sprake is, sodat die beheer daarvan nie problematies word nie, asook die identifisering van die plaag of die siekte om die erns van die probleem te bepaal. Verken- ners is die eerste rondte oë in die veld en voete op die grond en hulle sukses bepaal uiteindelik grootliks die plaagbeheerprogram en oes se sukses. Gebaseer op die data wat deur verkenners ingesamel is, asook op ander insette, word daar gewoonlik ‘n veilige en doeltreffende beheerprogram ontwerp, wat dan in werking gestel word om gewasse teen peste en siektes te vrywaar en bestuur. Die sukses van só ‘n program word bepaal deur kundigheid en ervaring ten opsigte van die verskillende peste en siektes en die gepaardgaande skadesimptome. Grondige kennis van die boerdery self, asook van die omliggende omgewing speel ‘n groot rol tydens die samestelling van genoemde beheer- maatreëls. Die tydige opspoor van probleme stel produsente en ander bedryfspersone in staat om noukeurig voorsorg te tref sodat die behoefte aan breëspektrum-teenmiddels of kuratiewe aksies in ‘n later stadium tot die minimum beperk word, én om die verantwoordelike gebruik van chemie aan te moedig. Dié benadering bevorder die gesondheid van gewasse, ‘n diverse agro-ekosisteem, en funksioneer samewerkend met toesigverpligtinge. Só word ‘n florerende en welvarende landboumilieu geskep. Verkenningsgereedskap Produsente het ‘n verskeidenheid hulpbronne tot hulle beskikking om te help verseker dat verkenners deeglik opgelei word vir die nou- keurige opspoor van peste en plae, asook natuurlike vyande van plaaginsekte. As onontbeerlike waarnemers in die veld, moet verkenners met toepaslike instrumente toegerus wees. Daarby moet hulle ook die nodige kennis en ervaring hê om hulle taak doeltreffend aan te pak, maar ook die nodige gereedskap – byvoorbeeld ‘n goeie handlensie, knipmes, en moniteringsvorms. Feromoon- lokvalle en ander opsporingsopsies wat met monitering kan help, is geredelik beskikbaar vir die naspoor van pesteenwoordigheid in boorde. Dit is uiters belangrik om lokvalle te plaas wat spesifiek gemik is op peste wat ‘n risiko inhou - nie slegs vir die spesifieke gewas nie, maar ook vir die bepaalde streek. Verkenners moet die nodige moeite doen om insekte wat in lokvalle gevang of andersins opgemerk word in boorde na behore te identifiseer of andersins aan kenners deur te gee vir die korrekte identifikasie. Dr. Jeanne de Waal Besigheidsbestuurder, Laeveld Agrochem www.agribonus.co.za Autumn 2025 BONUS 29

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=