BONUS MAGAZINE AUTUMN 2025
Verkenners is letterlik die voorste verdedigingslinie en hulle aksies en noukeurigheid het ‘n direkte impak op die sukses van ‘n pes- en plaagbeheerstrategie. Laeveld Agrochem ondersteun hierdie verkennersopleidingsproses deur middel van “scout”-werkswinkels, waar verkenners leer hoe om peste te identifiseer, hoe om lokvalle te plaas, en hoe om siektes te voorspel. Hierdie opleidingsessies bevorder ‘n voorkomende benadering deur geïntegreerde bestuur, en moedig die verantwoordelike gebruik aan van plaagdoders wat bevorderlik is vir die gewasse se gesondheid, en wat die volhoubaarheid van die ekosisteem én die koste-effektiwiteit daarvan ondersteun. Die inwerkingstelling van ‘n doeltreffende verkenningsprogram ‘n Doeltreffende verkenningsprogram behoort goed beplan te wees en stelselmatig plaas te vind, en moet gereelde inspeksies, verkenner- opleiding en gedetailleerde rekordhouding behels. Die gebruik van digitale apparate, byvoorbeeld selfoontoepassings vir data- insameling en -ontleding, kan sorg dat die verkenningsproses gladder verloop. Hierdie apparate vergemaklik regstreekse (“real-time”) verslagdoening en verskaf ‘n sentrale platform vir die opspoor van plaag- en siekteneigings, sodat ingeligte besluite ten opsigte van die bestuur van gewasse geneem kan word, wat uiteindelik lei tot die optimale benutting van insette en gesonde oeste. ‘n Betekenisvolle voorbeeld is MYFARMWEB™ - ‘n “cloud”-gebaseerde platform van Agri Technovation, wat deur Laeveld Agrochem gebruik word om verkenners se data en ander analitiese inligting vas te lê. Dit is ook ‘n waardevolle platform om data van die een seisoen met die volgende te vergelyk om sekere tendense ook vas te stel. PPM™, ‘n presisie-pesmoniteringstelsel, maak presisieverkenning moontlik deur middel van visuele inspeksies en lokvalle om pes- en siektevlakke te kwantifiseer, om pesmigrasie na te spoor, en om verspreidingsvlakke te voorspel. Hierdie stelsel koppel pes- en siekte- uitbrekings aan tydlyne sowel as geografiese koördinate, en skep sodoende ‘n duidelik waarneembare weergawe van insidente, wat vinnige terugvoer en tydige besluitneming tot gevolg het. Samevatting Verkenning is van die allergrootste belang vir Suid-Afrikaanse produsente. Deur die samewerking tussen tradisionele metodes, moderne tegnologie en kundige verkenning, kan plaasgroepe dit regkry om peste en plae doeltreffend op te spoor en te bestuur. Die bevordering van die verantwoordelike gebruik van chemie en ander bestuursopsies verseker dat al dié metodes doeltreffend bly – daardeur word die oes beskerm en word die langtermyn-volhoubaarheid van Suid- Afrika se landbousektor gerugsteun. Kwaliteit en standvastigheid (onontbeerlike elemente wat noodsaaklik is vir die bedryf, en wat verseker dat goedversorgde, plaagvrye vrugte die internasionale mark bereik) is waarskynlik die enigste sleutel tot die instandhouding van Suid-Afrika se kompeterende posisie op die wêreldmark. Laeveld Agrochem, in samewerking met Agri Technovation – bygestaan deur ‘n span ervare en hoogsopgeleide kenners – bied gespesialiseerde produkte en raadgewende dienste wat pesbestuurpraktyke ondersteun deur die inwerking- stelling van wetenskaplike boerderybeginsels vir optimale uitkomste.
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=