BONUS MAGAZINE AUTUMN 2025
Sodoende word verseker dat die heel toepaslik- ste beheermaatreëls in werking gestel word. Ekonomiese drempelwaardes en voorspellings- modelle vir sekere peste en plae kan ook die besluitnemingsproses ‘n verdere hupstoot gee. Daarby is dit noodsaaklik dat verkenners hulle dwarsdeur die seisoen by inspeksie-intervalle hou. Spesifieke datastokke en inspeksiepunte word aan die begin van die seisoen reeds uitgesit en op voorafopgestelde intervalle geïnspekteer deur die verkenners. Wye opnames moet ook gedoen word. ‘n Verskeidenheid veldgidse is beskikbaar, spesifiek op verkenners gemik. Hierdie gidse word saamgestel om te help met die foutlose uitkenning van peste sowel as die skadesimptome wat met dié peste gepaardgaan – onder meer Laeveld SCOUT™- veldgidse: kompakte handleidings wat die belangrikste insek- en mytspesies van ekonomiese belang in kommersiële boorde en wingerde beskryf. Dié gidse bevat ook illustrasies van die peste se lewensiklus en biologie, sowel as van gelyksoortige skade- simptome. Moniteringsriglyne en algemene beheerstrategieë word uiteengesit en met kleurryke illustrasies en treffende foto’s toegelig. ‘n Hupstoot danksy die tegnologie Hoewel tradisionele metodes soos visuele inspeksies en lokvalle noodsaaklike strategieë is, bied die moderne tegnologie ‘n broodnodige hupstoot vir die vrugtebedryf deur middel van die geleidelike – maar onmisbare – omskepping van verkenningspraktyke. Apparate soos hommeltuie en metodes soos afstandwaarneming (kenmerkend met behulp van satelliete), asook die “Landsat Normalised Difference Vegetation Index’’ (NDVI), is by- draende faktore tot die verbetering en her- vorming van die verkenningsproses, spesifiek ten opsigte van akkuraatheid en doeltreffend- heid. Dit alles lewer ‘n bydrae tot ‘n haalbare en doeltreffende besluitnemingsproses, aangesien produsente deur die tegnologie bemagtig word Laeveld Agrochem is tans aktief besig met verkenners- opleiding by al ons sleutelkliënte. Hommeltuie en satelliete met hoëresolusie- kameras en -sensors kan groot gebiede vinnig afneem, en verskaf gedetailleerde beeldmate- riaal wat van bo ingesamel is, en wat danksy hierdie ingesamelde data in staat is om die vroeë tekens van pesinfestasies, siekte-uitbrake of ander stresfaktore (wat nie op grondvlak waargeneem kan word nie) op te spoor. NDVI se tegnologie moniteer die gesondheid van ge- wasse deur ontleding van die lig wat van plante af weerkaats, deur die tydige en onverwylde identifisering van afwykings of teenstrydighede en, uiteindelik, deur geteikende intervensies. Agri Technovation se IFLY™-diens maak byvoorbeeld gebruik van Airbus VERDE™ se tegnologie om stres in boorde en wingerde in ‘n vroeë stadium op te spoor. Die samewerking tussen verkenning en die rewolusionêre ondersteuningsnetwerk wat danksy gevorderde tegnologie beskikbaar is, stel boere in staat om ‘n omvattende kennis van gewasgesondheid in te win, en lei tot meer ingeligte en daadwerklike bestuursbesluite. Die noodsaaklikheid van verkenners en die verantwoordelike gebruik van plaagdoders Die sukses van ‘n verkenningsprogram hang af van die kundigheid van die verkenners self, wie se onteenseglike plig dit is om te keer dat klein onreëlmatighede handuit ruk en yslike hindernisse word. Die opleiding van verkenners sodat hulle vroeë tekens van peste en plae kan opspoor, is noodsaaklik vir die doeltreffende bestuur van produsente se gewasaanplantings. om (danksy die wye verskeidenheid hulpbronne) data op te spoor, waar te neem en te ontleed. Autumn 2025 BONUS www.agribonus.co.za 30
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=